Protea Atlas Logo
  Home
  Mission
  Overview of Project
  Project Staff
  Sponsors
  Achievements
  Checking, Illustrations
  Upcoming Activities
  Id and  Species Lists
  Protea Information
  Protea Gallery
  Growing Proteas
  Interim Dist. Maps
  Publications
  Afrikaanse Inligting

  SANBI

Sleutel vir dir Protea Genus


Genus PROTEA: Die Suikerbosse

Die genus Protea kan maklik herken word aan die omhullende skutblare rondom die bloeiwyses, die enkelblomme met drie totaal versmelte en een totaal vry blomdekblaar en harige, houterige vrugte byna ononderskeibaar van die vrugbeginsels. Verdere kenmerke sluit in 'n lang smal stuifmeelbieder wat byna altyd deur 'n knak aan die styl verbind is, blare wat wissel van lynvormig tot breŽ skywe met eenvoudige punte en verdikte rooi of geel rande of met 'n swart nael aan die punt; blomdekblare het dikwels angels en is dig saamgepak in digte hoofde; omhullende blombodem hard, houterig en met duidelike spirale as enkelblomme af is.


SLEUTEL

1. Bloeiwyses aan die punte van takke (gewoonlik enkel) 2.

1' Bloeiwyses saamgepak langs ou stamme, naby basis van plant Afdeling HYPOCEPHALUS

2. Blaarskywe aaneenlopend tot aan die stam by die steel 3.

2' Blare met duidelike, lang stele en lepelagtige voorkoms Afdeling PROTEA

3. Omhullende skutblare aan rande bedek met hare (gebaard) of met randhare, bloeiwyses aan lang stamme met digte blare, kelkvormige tot geslote bloeiwyses met omhullende skutblare langer of net so lank as enkelblomme. 4.

3' Omhullende skutblare nie opvallend bedek met hare, of indien wel, bloeiwyses komvormig of met enkelblomme baie langer as omhullende skutblare 6.

3" Omhullende skutblare nie gebaard, maar buite bedek met dik wollerige hare, blomme teen grondvlak Afdeling PARACYNAROIDES

4. Omhullende skutblare met randhare, selde gebaard: of sonder opvallende angels aan blomdek, blomdekke val om onder style in oop blom, of met opvallende angels aan blomdekblaar wat altyd die styl verberg, met 'n paar haarlose omhullende skutblare 5.

4' Al die buitenste omhullende skutblare duidelik gebaard, maar meer aan die punt, en enkelblomme met taamlik lang angels wat verby die style steek, ook in ou saadkoppe Afdeling SPECIOSAE

5. Bloeiwyses korter as 80 mm, styl met 'n onbeduidende knak; UITSONDERING INGESLUIT: bloeiwyse langer as 80 mm, gaan oop om 'n leŽ bloeiwyse te vorm met 'n enkele sirkel van style binne (P. aurea) Afdeling EXSERTAE

5' Bloeiwyses langer as 80 mm, dikwels met lepelvormige binneste omhullende skutblare; UITSONDERING INGESLUIT: liggende struik met bloeiwyse dig vol angels (P. pudens) Afdeling LIGULATAE

6. Geografiese streek buite die fynbos: Bloeiwyses met 'n primitiewe voorkoms: oop, komvormig, met omhullende skutblare wat oopgaan na 'n byna horizontal posisie, 'n moeilike groep om verder te onderverdeel (die geldigheid van die groeperings is twyfelagtig) 7.

6' Fynbos spesies 11.

7. Blomdekblaar val plat sonder om te krul in volwasse hoofde 8.

7' Blomdekblaar krul in die volwasse hoofde in Afdeling CRISTATAE

8. Regop bome of regop stamme vanuit 'n wortelstok 9.

8' Klein liggende of kruipende plante Afdeling PALUDOSAE

9. Jong stamme haarloos. Omhullende skutblare effens dig-kort behaar of haarloos, dikwels met 'n wit wasagtige blos 10.

9' Jong stamme harig. Omhullende skutblare dig syharig buite, blomdekbuis en punte wolharig buite Afdeling LASIOCEPHALAE

10. Styl gewoonlik > 60 mm lank. Omhullende skutblare bly oop n  blomtyd. Bloeiwyse het 'n koepelvormige blombodem. Blomdekpunte wolharig Afdeling PATENTIFLORAE

10' Styl gewoonlik < 50 mm lank (pasop vir P. caffra). Omhullende skutblare gaan toe n blomtyd. Blombodem plat of effens geboŽ. Blomdekblare en-buis haarloos of met 'n min onopvallende hare Afdeling LEIOCEPHALAE

11. Bloeiwyses nie komvormig, nie soos 'n skeerkwas in knopstadium 12.

11' Bloeiwyses komvormig, soos 'n skeerkwas in knopstadium en dikwels ook wanneer vol oop, anders soos primitiewe bloeiwyses (see 6-10')


Afdeling LEIOCEPHALAE

12. Bloeiwyses aan stamme ver bo grond, of indien naby grond dan aan stamme wat grondtoe afbuig, plante nooit vanuit 'n wortelstok 13.

12' Bloeiwyses teen of naby grondvlak, vanuit liggende of kruipende stamme (dikwels wortelstokke ), of indien bloeiwyses vanuit regop stamme, dan het die plant 'n houterige wortelstok 16.

13. Bloeiwyses < 60 mm lank, gewoonlik korter as wyd, indien bloeiwyses regop, dan korter as 40 mm 14.

13' HoŽ regop struike (1-4 m hoog) groot, lang, kelkvormige bloeiwyses (70-160 mm lang) Afdeling MELLIFERAE

14. Bloeiwyses aan regop stamme, of indien hangend, blare dan < 2 mm wyd 15.

14' Blare 5-55 mm wyd, bloeiwyses hangend, of effens hangend, bloeiwyses kenmerkend krateragtig, gewoonlik liggende of kompakte struike Afdeling CRATERIFLORAE

15. Bloeiwyses regop, kleiner as 50 mm dia., knoppe < 25 mm, omhullende skutblare wit tot pienk met 'n skerp punt, styl 15-17 mm lang Afdeling PARVIFLORAE

15' Bloeiwyses of regop en > 50 mm dia., of hangend, met omhullende skutblare gerond aan punte, omhullende skutblare rooi of geel Afdeling PINIFOLIAE

16. Bloeiwyses sonder groot, bruin, papieragtige omhullende skutblare, 'n moeilike groep om verder te omskryf 17.

16' Onderste omhullende skutblare blaaragtig, bruin van kleur en met dun, papieragtige tekstuur, blare 150-300 mm lank, 20-95 mm wyd Afdeling OBVALLATA

17. Hoogte 0-600 m in kusgebiede, tot 1600 m in die Sederberge en binnelands, kom voor alleen wes van Mosselbaai en Oudtshoorn 18.

17' Hoogte 0-600 m oos van Plettenbergbaai, bo 1000 m verder wes, omhullende skutblare groen met pienk of bruin skynsel, styl reguit of baie effens gekrom, wortelstok, met blare in tros onder die bloeiwyse of eensydig (UITSONDERING INGESLUIT: indien verskeie bloeiwyses aan punt van 'n regop stam - P. foliosa), punt van blomdek altyd wit Afdeling CRINITAE

18. Styl baie krom, blare eensydig (groei vertikaal uit 'n horisontale stam), wortelstok met stamme, omhullende skutblare geel, met rooi of groen skynsel, blare met plat skywe, 2-100 mm wyd, blomdekpunte swart, silwerbruin, soms wit Afdeling MICROGEANTAE

18' Styl effens krom, blare in trossies onder die bloeiwyses, wortelstok met stamme (UITSONDERING INGESLUIT: indien blare dig bedek met horingagtig tandjies - P. denticulata), blare naaldagtig tot smal, < 5 mm wyd (UITSONDERING INGESLUIT: indien omhullende skutblare dig bedek met bruin fluweel - P. scabra), blomdekpunte wit of bruin Afdeling SUBACAULES


Afdeling LEIOCEPHALAE : Die Grasveldsuikerbosse

Die Grasveldsuikerbosse is van die mees 'primitiewe' suikerbosse in suidelike Afrika en is onderskeibaar van die berg- en savanasuikerbosse aanr hulle haarlose of byna haarlose omhullende skutblare, alhoewel sommige spesies hare het. Dit is moeilik om die groep streng te omskryf, maar die volgende is nuttig:

Jong stamme haarloos. Bloeiwyses of klein (< 50 mm lank, behalwe P. caffra) of anders met 'n lang skubberige steel; Omhullende skutblare is haarloos (behalwe in P. caffra). Enkelblomme steek uit of binne die omhullende skutblare en die blomdek is haarloos of harig, soms met 'n pluisie hare aan die punt. Styl is gewoonlik baie krom. Die blare is haarloos.

Protea caffra COMMON PROTEA GEWONE SUIKERBOS Klein bome 3-8 m hoog met 'n enkele hoofstam (ou plante) tot 'n regop veelstammige vertakte struik 1-3 m hoog met wortelstok (jong plante). Takke 4-12 mm dia. Blare veranderlik, 70-250 mm lank, 4-12 mm wyd, haarloos, Bloeiwyses bolvormig tot eiervormig 45-80 mm dia. Omhullende skutblare pienk tot karmynrooi tot roomkleurig, haarloos tot dig roesbruin of met silweragtig syerige hare wat gou afval n  blomtyd; binneste skutblare langwerpig tot langwerpig-spatelvormig. Styl 40-60 mm lank.

P. c. caffra HIGHVELD PROTEA Bloeiwyses 40-70 mm lank. Blomdekblaarbuis 10-14 mm lank.

P. c. gazensis MANICA PROTEA Blare 25-40 mm wyd. Bloeiwyses 60-100 mm lank. Blomdekblaarbuis 16-21 mm lank.

P. c. nyasae MALAWI PROTEA Blare 17-26 mm wyd. Bloeiwyse 50-70 mm lank. Blomdekblaarbuis 14-21 mm lank.

Protea petiolaris elegans SICKEL-LEAF PROTEA 'n uitgespreide boom tot 6 m hoog. Blare hangend, met 'n 0-20ˇmm lang steel (petiool). Omhullende skutblare groen tot rooi; buitenstes met 'n witterige blos tot haarloos. Blomdek haarloos binne, pienk of wit.

Protea simplex DWARF GRASSVELD PROTEA Houterige wortelstok en baie onvertakte stamme. Takke 2-5 mm dia. Omhullende skutblare haarloos.

Protea parvula DAINTY PROTEA 'n laagliggende struik 8-16 cm hoog, met baie yl-vertakte stamme tot 1 m lank uit 'n wortelstok. Stamme haarloos, 2-4 m dia. Blare eensydig. Omhullende skutblare haarloos.

Protea dracomontana ALPINE PROTEA 'n lae struik, 0,5-1,5 m hoog, tot 1 m dia., met minvertakte, regop stamme vanuit 'n wortelstok. Stamme stewig, 5-10 mm dia. Omhullende skutblare haarloos. Blomdekblaarbuis 10 mm lank, haarloos onder.

Protea nubigena CLOUD PROTEA Baie stamme vanuit 'n wortelstok. Stamme veelvertak, 2-5 mm diam, blaarletsels prominent. Blare regop, omgekeerd lansetvormig-ellipties, klein, 40-60 mm lank, 7-13 mm wyd. Bloeiwyse bolvormig, 40-50 mm dia. Omhullende skutblare haarloos. Styl 35-40 mm lank.


Afdeling LEIOCEPHALAE: Die Skeerkwassuikerbosse

Die Skeerkwassuikerbosse is die Kaapse verteenwoordigers representatives van die Afdeling Leiocephalae. Almal kan maklik onderskei word omdat hulle soos skeerkwaste lyk in die laat knopstadium. Bloeiwyses is oop komvormig en die style is meer opvallend as die skutblare. Die meeste spesies is gedeeltelik saadhoudend (serotien) en stoor selde hul sade vir meer as twee blomseisoene.

Protea nitida WAGON PROTEA KAAPSE WABOOM Blare langwerpig tot ellipties, 80-180 mm lank, 15-60 mm wyd, haarloos, leeragtig, olyfkleurig tot silwerblou-wasagtig. Styl 60-80 mm lank.

Protea inopina LARGE-NUT PROTEA 'n lae veelstammige struik 0,5-1 m hoog vanuit 'n wortelstok. Omhullende skutblare rooi-bruin fluweelharig. Styl 80-90 mm lank. Vrug 10-12 mm lank, 6-8 mm dia.

Protea glabra CLANWILLIAM PROTEA KAIINGSUIKERBOS 'n KeŽlvormige struik tot 5 m hoog, veelstammig vanuit 'n groot wortelstok tot 300 mm dia. Blare regop, ellipties tot ovaal, 40-75 mm lank, 15-30 mm wyd. Omhullende skutblare haarloos tot bruin donsharig. Styl 40-50 mm lank.

Protea rupicola KRANTZ PROTEA Blare regop, lynvormig-spatelvormig tot omgekeerd lansetvormig, 35-60 mm lank, 5-20 mm wyd, leeragtig, haarloos, soms blougroen-wasagtig. Omhullende skutblare met min rooierige bruin hare. Styl 45-55 mm lank.


Afdeling PATENTIFLORAE: Die Bergsuikerbosse

Die Bergsuikerbosse vorm die groep suikerbosse wat, buite die Kaap, die grootste bloeiwyses (> 70 mm lank) het. Verder is hulle blare groot - 100-200 mm lank, of harig of haarloos. Die omhullende skutblare is haarloos of harig en is gewoonlik effens langer as die enkelblomme. Die blomdek is langer as 45 mm. Die omhullende skutblare gaan nie n  blomtyd toe om die ontwikkelende vrug te beskerm nie: hulle vorm slegs knopskubbe on die die ontwikkelende knoppe te beskerm. In drie spesies (P.rubropilosa, P.comptonii, P.curvata) het die blombodem 'n groot koepelvorm: Hulle word beskou as die primitiefste suikerbosse.

Protea angolensis NORTHERN WOODLAND PROTEA Bloeiwyses enkel, 70-100 mm lank, 90-120 mm dia., steel 0-15 mm lank. Omhullende binneste skutblare wit, harig, wissel van effens syerig tot dig fluweelagtig, rand sag en vliesagtig. Blomdek 50-60 mm lank, met digte, kort, wit hare.

P. a. var angolensis DWARF NORTHERN WOODLAND PROTEA Vanuit 'n wortelstok. Blare 20-60 mm wyd. Omhullende skutblare word gou haarloos. Blomdekblare gewoonlik harig.

P. a. var divaricata NORTHERN WOODLAND PROTEA 'n Klein boom. Blare 30-100 mm wyd. Omhullende skutblare syharig. Blomdekblare haarloos.

Protea madiensis madiensis HIGH WOODLAND PROTEA Blare veranderlik, lansetvormig tot ellipties, 100-200 mm lank, 30-100 mm wyd. Bloeiwyse 80 mm lank, 100-150 mm dia. Blomdek 45 mm lank, buis 15-20 mm lank, punt 10-13 mm lank, haarloos. Styl 50 mm lank, afgeplat en gegroef.

Protea rubropilosa TRANSVAAL PROTEA Omhullende skutblare buite bedek met digte, bruin, fluweelagtige hare. Blomdek wit wolharig aan punt.

Protea comptonii SADDLEBACK PROTEA 'n Boom, 4-8 m hoog, kruin gerond en oop. Stam tot 500 mm dia. Bas grys, kurkagtig, tot 200 mm dik.

Omhullende skutblare roomkleurig, haarloos. Styl 65-80 mm lank.

Protea curvata BARBERTON PROTEA Blare smal langwerpig-lansetvormig, sekelvormig, 110-200 mm lank, 8-16 mm wyd, steel afgespits. Omhullende skutblare diep rooi-swart syerig-fluweelharig op rand, haarloos onder. Ryp saadkoppe val af.

Protea laetans BLYDE PROTEA 'n Slank boom tot 5 m hoog, met 2-6 stamme vanuit 'n wortelstok. Omhullende skutblare binne diep karmynrooi, dig bedek met silwer of bruin-rooi syerige hare. Blomdekblare geel-bruin syharig.


Afdeling LASIOCEPHALAE: Die Savannasuikerbosse

Die Savannasuikerbosse se jong stamme is harig. Bloeiwyses is medium groot (ca. 50 mm dia.). Die omhullende skutblare is gewoonlik syharig. Die blomdek is harig, 20-50 mm lank. Styl is langer as 30 mm, gewoonlik reguit of baie effens gekrom, en so lank of langer as die omhullende skutblare. Beide spesies se hoofde sit in trosse aan die punte van takke, maar selde by P. gaguedi.

Die twee spesies in die Afdeling is nou verwant : P. gaguedi is groter en het groter blare en bloeiwyses. Die betroubaarste eienskap is egter dat P. gaguedi vinnig die hare aan die blare verloor, terwyl P. welwitschii dit gewoonlik die hare behou. Verder het P. gaguedi silwer omhullende skutblare, terwyl hulle by P. welwitschii bruin is. Alle verskille tussen die twee spesies verdwyn blykbaar in Angola.

Protea welwitschii DWARF SAVANNA PROTEA KLEINSUIKERBOS Stamme met digte lang wit of bruin hare, blougroen-wasagtig in volwasse stadium. Blare met digte wit of bruin hare, haarloos in volwasse stadium behalwe aan stele. Bloeiwyses in trosse van 3-4. Sterk, sieklik-soet heuninggeur. Omhullende skutblare met yl tot digte wit tot bruin syerige hare. Blomdek 20-50 mm lank.

Protea gaguedi AFRICAN PROTEA GROOTSUIKERBOS Blare yl syerige-harig, haarloos en blougroen-wasagtig in volwasse stadium, ellipties tot langwerpig tot sekelvormig, 12-30 mm wyd. Bloeiwyses afgeplat-bolvormig, 50-70 mm dia. Omhullende skutblare silweragtig syharig, soms met roesbruin rande. Blomdek 35-50 mm lank.


Afdeling CRISTATAE: Die Moerassuikerbosse

Die Moerassuikerbosse is struike wat voorkom in hoŽ berggebiede. Hulle blare is harig, dikwels haarloos in volwasse stadium. Die blomdekbuis is slank en krul in die basis van die styl in wanneer die blom oop is.

Protea asymmetrica INYANGA PROTEA Omhullende skutblare bleek groen tot pienk, met digte lang rooierige tot pienk hare, tot 65 mm lank, 20 mm wyd, korter as enkelblomme. Blomdek dig bedek met lang wit hare, 60-70 mm lank.

Protea wentzeliana WENTZEL'S PROTEA Omhullende skutblare bleek bruin met pienk punte, syharig. Blomdek haarloos aan die basis, met klossie wit hare aan punt.


Afdeling PALUDOSAE: Die Rooisuikerbosse

Die rooisuikerbosse is klein liggende tot half-regop plante. Die blare gewoonlik smal, blink en haarloos in volwasse stadium. Die hoofde is keŽl- tot tulband-vormig n  blomtyd. Omhullende skutblare gewoonlik rooi en haarloos. Die blomdek is harig.

Protea enervis CHIMANIMANI PROTEA 'n Klein houterige plant met kruipende stamme vanuit 'n wortelstok. Blare lynvormig, sekelvormig, 40-50 mm lank, 1-5 mm wyd. Bloeiwyse enkel, eindstandig, 50 mm lank, 30 mm dia., met 'n 10 mm steel. Blomdek 30 mm lank, buis 9 mm, wit met pienk skynsel, basis haarloos.


Afdeling PROTEA: Die Grootsuikerbos

Die Grootsuikerbos is die Suid-Afrikaanse nasionale blom en is onmiskenbaar aan sy blare met duidelike stele. Afgesien van die uitsonderlike grootte van die bloeiwyse, kan die Grootsuikerbos ook onderskei word aan die kort pienk fluweelagtig hare aan sy baie omhullende skutblare.

Protea cynaroides KING PROTEA GROOTSUIKERBOS Haarlose stamme vanuit 'n wortelstok. Blare met 'n 40-180 mm lang steel, skyf ovaalrond of ellipties.

OVAL-LEAF KING PROTEA Blare ovaal tot rond.

ELLIPTIC-LEAF KING PROTEA Blare breed ellipties.

SMALL-LEAF KING PROTEA Blare klein, ellipties.


Afdeling PARACYNAROIDES: Die Sneeusuikerbosse

Die vier Sneeusuikerbosse word gekenmerk deur hulle wortelstokke of liggende groeivorms, omhullende skutblare oral of op rand bedek met dik wit wollerige hare, dik wit wollerige angels, rooierige kleur binne aan die omhullende skutblare, bloeiwyses by grond vlak met 'n sterk gisagtige geur, en wit harige vrugte (sade) in ou bloeiwyses.

Protea scolopendriifolia HART'S-TONGUE-FERN PROTEA Struike wat hergroei uit 'n wortelstokke en bosse 0,5-1,0 m dia. vorm. Blare omgekeerd lansetvormig tot spatelvormig, 20-85 mm wyd, 200-600 mm lank, met 10-100 mm lang steel, plat skyf.

Protea scabriuscula HOARY PROTEA 'n Liggende struik soos 'n kussingplant, 0,5-0,7 m dia., tot 0,5 m hoog, met 'n enkele hoofstam en al die takke bogronds, Nie bestand teen brande. Blare lynvormig tot lynvormig-lansetvormig, 150-250 mm lank, 5-20 mm wyd, rand golwend en horingagtig.

Protea cryophila SNOWBALL PROTEA SNEEUBLOM Bloeiwyse vlak koppievormig, 120-140 mm lank. Omhullende skutblare lansetvormig toegespits; binnestes 90-100 mm lank, 5-7 mm wyd. Styl reguit, 65-90 mm lank.

Protea pruinosa FROSTED PROTEA 'n digte liggende struik, 0,5-1,5 m dia., tot 0,5 m hoog, enkele hoofstam met kruipende takke. Blare 200-450 mm lank, 40-80 mm wyd, steel 100-200 mm lank, skyf ellipties tot omgekeerd lansetvormig, in lengte gevou. Bloeiwyse diep koppievormig, 100-120 mm lank. Binneste omhullende skutblare lynvormig-lansetvormig, 40-45 mm lank, 4-6 mm wyd. Styl 55-60 mm lank.


Afdeling MELLIFERAE: Die Suikerkanne

Die Suikerkanne word gekenmerk deur hulle groot kelkvormige bloeiwyses met lynvormig-langwerpige tot langwerpige binneste omhullende skutblare. Ander nuttige kenmerke sluit in die haarlose styl, omhullende skutblare en blomdek (behalwe vir die punt met 'n bleek baard).

Protea repens COMMON SUGARBUSH PROTEA Stamme haarloos. Blare regop, lynvormig-spatelvormig tot omgekeerd lansetvormig, haarloos. Omhullende skutblare buite taai. Ou bloeiwyse 'n bruin gepunte keŽl.

Protea aristata LADISMITH SUGARBUSH KLEINDENNESUIKERBOS Blare regop, lynvormig, 70-110 mm lank, 2-3 mm wyd, afgeplat, haarloos, met 'n swart punt.

Protea lanceolata LANCE-LEAF SUGARBUSH SMALBLAREUIKERBOS Stamme haarloos. Blare regop, lansetvormig, haarloos. Omhullende skutblare buitenstes haarloos; binnestes wyd oop. Ou bloeiwyse 'n bolvormige keŽl met 'n konkaaf blombodem.


Afdeling OBVALLATAE: Die Bishop Protea

Die Bishop Suikerbos vorm 'n eie groep. Dit is maklik herkenbaar aan die eiervormig-skerp, bruin, papieragtige blare wat die bloeiwyse onder omhels. Dit vorm dus blykbaar 'n groep tussen die Gebaarde Suikerbosse, met dieselfde bloeiwyse, en die Sneeusuikerbosse, wat ook toegespitste omhelsende bruin blare om die bloeiwyses het en ook voorkom op groot hoogtes. 'n Baie veranderlike spesie; die Obvallatae kom voor net op groot hoggtes, bo 1000 m.

Protea caespitosa BISHOP PROTEA 'n kompakte, geronde struik. Bloeiwyses onder basis omhels deur blare wat papieragtige bruin word. Angels 15 mm lank, dig wollerig, wit aan basis, geelbruin aan punt.

Riviersonderend BISHOP PROTEA Blare smal omgekeerd lansetvormig, 20-33 mm wyd. Plante tot 0,3 m hoog.

Hottentots BISHOP PROTEA Blare breed omgekeerd lansetvormig, 40-70 mm wyd.

Cabbage-blaar BISHOP PROTEA Blare breed eiervormig, 70-90 mm wyd. Plante tot 0,7 m hoog.


Afdeling LIGULATAE: Die Lepel-skutblaarsuikerbosse

Die Lepel-skutblaarsuikerbosse word gekenmerk deur hulle lang lepel- of tongvormige binneste omhullende skutblare, met effens harige rande. Hierdie skutblare is so lank of langer as die enkelblomme. Die blomdekblare het gewoonlik drie angels.

Protea roupelliae roupelliae SILWER PROTEA TRANSVAALWABOOM Bloeiwyse omgekeerd keŽlvormig-langwerpig tot bokaalvormig. Binneste omhullende skutblare spatelvormig-skerp.

Protea roupelliae hamiltonii DWARF SILWER PROTEA Soos vorige maar 'n laagliggende struikie.

Protea eximia BROAD-LEAF PROTEA BREEBLAREUIKERBOS Blare spreidend, eiervormig tot langwerpig, hartvormig by steel, haarloos. Binneste omhullende skutblare wyd oop, langwerpig tot spatelvormig. Blomdekangels verleng, met pers-swart fluweelagtige hare.

Protea compacta BOT-RIVER PROTEA SUIKERKAN 'n Regop struik, 2-3,5 m hoog, yl vertak. Stamme in volwasse stadium haarloos. Blare regop, ovaal tot lansetvormig, hartvormig by steel, 50-130 mm lank, 20-55 mm wyd.

Protea obtusifolia BREDASDORP PROTEA Blare regop, omgekeerd lansetvormig ellipties, steel afgespits, haarloos wanneer volwasse. Buitenste omhullende skutblare met bruin rand, binnestes haarloos, blink.

Protea susannae STINK-LEAF PROTEA STINKBLAARSUIKERBOS Blare met slegte geur. Omhullende skutblare bedek met taai donkerbruin vernis.

Protea burchelli BURCHELL'S PROTEA KLEIN SUIKERBOS Blare lynvormig tot smal langwerpig, olyfkleurig groen, met swart puntnael. Omhullende skutblare blink-vetterig; buitenstes haarloos; binnestes 1/3 langer as enkelblomme, rande dig harig. Styl 55-65 mm lank, onderste 2/3 harig.

Protea longifolia LONG-LEAF PROTEA Blare regop, lynvormig tot lynvormig-spatelvormig, Bloeiwyse met angels wat 'n gepunte swart wollerige keŽl vorm. Angels 20-55 mm lank, binnestes baie langer, dig swart wollerig.

Protea pudens BASHFUL PROTEA AARDROOS Stamme kruipend. Blare eensydig, lynvormig tot lynvormig spatelvormig. Bloeiwyse met angels wat 'n gepunte wollerige keŽl vorm. Angels 10-18 mm lank, veerharig wit aan basis, swart aan punt. Styl 30-45 mm lank.


Afdeling SPECIOSAE: Die Gebaards Suikerbosse

Die Gebaarde Suikerbosse kan maklik herken word aan hulle opvallende fraiing van lang digte hare (die baard) aan die ingekromde omhullende skutblare. Die binnestes kan lepelvormig wees (P. lorifolia). Die blomdek het ook 3 gebaarde angels wat nie platval in die hoof nie maar regop bly en die styl verberg selfs n  die enkelblomme geblom het.

Protea lorifolia STRAP-LEAF PROTEA RIEMBLAARSUIKERBOS Blare regop, breed omgekeerd lansetvormig, blougrys-wasagtig,, verdikte horingagtige geel tot rooi rande, afgespitste steel, tot 10-15 mm lank.

Protea laurifolia LAUREL-LEAF PROTEA LOURIERSUIKERBOS Blare ellipties, afgespits na 'n 3-10 mm lank steel, hoofaar en horingagtige rande prominent, blougroen-wasagtig. Buitenste omhullende skutblare se rand in volwasse stadium horingagtig bruin, ingekrom en gesplit.

Protea neriifolia OLEANDER-LEAF PROTEA BLOUSUIKERBOS Blare regop langwerpig met parallele rande, nie horingagtig, in volwasse stadium haarloos, groen, stomp afgespitste steel, 100-180 mm lank, 14-30 mm wyd. Rande van omhullende skutblare word horingagtig bruin, ingekrom.

Protea lepidocarpodendron BLACK-BEARD PROTEA SWARTBAARD-SUIKERBOS Blare regop, smal langwerpig, 80-130 mm lank, 10-20 mm wyd. Punte van omhullende skutblare ingekrom en boonste 20-30 mm bedek met digte pers-swart baard, kort hare onder baard swart.

Protea coronata GREEN PROTEA Omhullende skutblare heldergroen. Angels met wit wollerige-spinnerakagtige hare. Styl haarloos.

Protea speciosa BROWN-BEARD PROTEA BRUINBAARDSUIKERBOS Met 'n wortelstok! Blare omgekeerd eiervormig tot omgekeerd lansetvormig. Punte van omhullende skutblare met 10-15 mm lank digte roesbruin hare.

Protea stokoei PINK PROTEA 'n Regop struik tot 2 m hoog. Blare regop, omgekeerd eiervormig tot ovaal. Angels 10-12 mm lank, uitgekrom, met digte wit syerige hare. Styl 65-70 mm lank, aan basis fynharig.

Protea grandiceps RED PROTEA ROOISUIKERKAN Blare regop, ovaal tot omgekeerd eiervormig. Omhullende skutblare koraalpienk.

Protea magnifica QUEEN PROTEA BAARDSUIKERBOS Blare veranderlik, langwerpig tot omgekeerd lansetvormig, 100-210 mm lank, 30-60 mm wyd, steel onduidelik. Bloeiwyse met 'n keŽl - wit maar swart in middel. Omhullende skutblare syharig, ingekrom, met 'n digte baard aan punt. Drie angels per enkelblom. Styl 60-70 mm lank.

Protea holosericea SAWEDGE PROTEA Omhullende skutblare met geronde punt, rande dig swart gebaard. Twee angels per enkelblom.


Afdeling SUBACAULES: Die Dwarf-tufted suikerbosse

Die Dwarf-tuftedsuikerbosse is 'n groep van hoofsaaklik laaglandsuikerbosse. Hulle is gewoonlik kleurryker as die ander suikerbosse wat hulle blomme naby grondvlak dra. Die meeste word daarom waarskynlik deur voŽls bestuif. Hulle het gewoonlik skurwe blare en sluit in al suikerbosse in wat naby die grond blom en reguit style het.

Protea scorzonerifolia CHANNEL-LEAF PROTEA 'n Struikie met wortelstok. Regop stamme met klossies blare. Blare naaldvormige tot lynvormig-gegroef, 150-350 mm lank.

Protea lorea THONG-LEAF PROTEA Blare naaldagtig, 150-450 mm lank. Bloeiwyses omgekeerd keŽlvormig, 80-120 mm lank, 50-80 mm dia. Omhullende skutblare oorvleuel, geel, dig syharig. Blomdek stomp dig wollerig-wit aan punt.

Protea aspera ROUGH-LEAF PROTEA Luglote 100-200 mm bogronds. Blare lynvormig, plat, 70-200 mm lank, 3-14 mm wyd, skurf. Bloeiwyse aan kort luglote, eiervormig-langwerpig. Styl 50-70 mm lank.

Protea scabra SCABROUS PROTEA 'n Struikie met wortelstok. Stamme ondergronds, met trossies blare by grondvlak. Bloeiwyse tulbandvormig, 30-50 mm dia., steelloos, by grondvlak. Omhullende skutblare roomkleurig, roeskleur fluweelharig. Blomdekpunte met digte roeskleur hare. Styl roomkleurig,

30-35 mm lank.

Protea denticulata TOOTH-LEAF PROTEA Wortelstok met kort, regop stamme. Blare regop, hard en draadagtig met horingagtige tandjies, lynvormig-gegroef. Omhullende skutblare dof karmynrooierig, dig fluweelharig, kataiingbruin rande opvallend. Styl dofrooi.

Protea piscina VISGAT PROTEA Blare naaldagtig-gegroef tot lynvormig en plat, rande horingagtig, 150-300 mm lank, 2-5 mm wyd. Omhullende skutblare bleek geel (soms pienk), rande wit syharig. Styl 30-35 mm lank.

Protea restionifolia RESTIO-LEAF PROTEA Blare yl bedek met lang wit hare, naaldvormig, 190-300 mm lank, 1-2 mm wyd. Omhullende skutblare se punte word buite dig fluweelagtig met rooi tot donkerbruin hare.


Afdeling EXERTAE: Die Witsuikerbosse

Die Witsuikerbosse het haarlose styl langer as die binneste omhullende skutblare wat kort syerig fraiings het. Die blomdek is slank aan die basis, en as dit oopgaan krul dit in die basis in weg van die styl, wat die blomme netjies laat lyk. Die blomdeklip het drie tande en is haarloos behalwe aan die punt.

Protea subvestita LIPPED PROTEA 'n groot regop struik, nie bestand teen brande. Blare regop, ellipties tot lansetvormig, steel afgespits. Buiteste omhullende skutblare eiervormig-skerp, punte uitgekrom. Stuifmeelbieder lynvormig-draadvormig.

Protea lacticolor HOTTENTOT PROTEA WITSUIKERBOS Blare regop, lansetvormig tot eiervormig, 70-110 mm lank, 25-50 mm wyd, hartvormig by steel, donsharig in volwasse stadium tot haarloos, donker blou-groen. Stuifmeelbieder draadvormige met klein skewe knop.

Protea punctata WATER PROTEA WATERWITSUIKERBOS Omhullende skutblare sprei horisontaal uit in blomtyd. Stuifmeelbieder deurgaans draadvormig.

Protea mundii FOREST PROTEA WITSUIKERBOS Blare ellipties tot ellipties-lansetvormig. Bloeiwyses omgekeerd keŽlvormig-langwerpig. Stuifmeelbieder met 'n groot knop aan punt, lynvormig draadvormig.

Protea aurea aurea COMMON OVAL-LEAF PROTEA GEELSUIKERKAN Blare langwerpig tot ovaal, 40-90 mm lank, 15-40 mm wyd, hartvormig by steel. Oop bloeiwyse soos 'n pluimbal.

Protea aurea potbergensis POTBERG OVAL-LEAF PROTEA Blare eiervormig, 60-90 mm lank, 45-65 mm wyd verminder tot 35 mm lank en 25 mm wyd onder bloeiwyse, hartvormig by steel, fluweelharig in volwasse stadium tot haarloos, rande dig harig.

Protea venusta CASCADE PROTEA 'n Liggende struik tot 0,7 m hoog, 3 m dia., met 'n enkele hoofstam. Bloeiwyse met heuning-geur. Binneste omhullende skutblare met pienk punte, langwerpig tot langwerpig-spatelvormig, 40-50 mm lank, 8-18 mm wyd.


Afdeling CRINITAE: Die Oostelike Grondsuikerbosse

Die Oostelike Grondsuikerbosse vorm 'n afsonderlike groep saam met die Westelike Grondsuikerbosse (Microgeantae). Hulle bloeiwyses is almal meestal 20-50 mm lank, met 'n skerp ingekromde styl 25-35 mm lank. Blare effens horingagtig of voel skurf. Omdat hulle egter slegs in die berge oos van Swellendam voorkom, kan hulle nie met die Westelike Grondsuikerbosse verwar word nie.

Protea foliosa LEAFY PROTEA Blare lansetvormig tot ellipties, 90-160 mm lank, 15-70 mm wyd, plat, rande golwend. Bloeiwyses regop, verberg deur omvouende blare.

Protea tenax TENACIOUS PROTEA 'n lae kruipende struik tot 4 m dia. Kruipende stamme, vanuit 'n wortelstok, yl vertak. Blare eensydig, lynvormig tot lansetvormig tot omgekeerd lansetvormig, 80-180 mm lank, 2-28 mm wyd, hoofaar opvallend. Bloeiwyses 40-60 mm dia., komvormig.

Protea vogtsiae KOUGA PROTEA Stamme ondergronds, skubagtig, blare in eindstandige trosse. Blare omgekeerd lansetvormig tot spatelvormig, 120-250 mm lank, 8-30 mm wyd, blougroen-wasagtig, steel afgespits. Blomdekpunte wit wolharig.

Protea intonsa TUFTED PROTEA 'n digte dwergstruik. Stamme ondergronds, skubagtig, blare in trossies. Blare naaldagtig tot lynvormig, 150-400 mm lank, 2-5 mm wyd, haarloos. Blomdek 25-30 mm lank, punte wit wolharig.

Protea montana SWARTBERG PROTEA 'n lae struik wat digte liggende matte vorm, 0,5-4 m dia. Veelstammig, veelvertak. Blare eensydig, naaldagtig tot lynvormig-spatelvormig, 40-100 mm lank, 1-4 mm wyd. Buitenste omhullende skutblare met blaaragtige verlengings. Blomdekpunte dig wit wollerig.


Afdeling MICROGEANTAE: Die Westelike Grondsuikerbosse

Die Westelike Grondsuikerbosse vorm 'n afsonderlike groep saam met die Oostelike Grondsuikerbosse (Crinitae). Bloeiwyses normaalweg 20-70 mm lank, effens groter as die Oostelike Grondsuikerbosse. Hulle het ook ingekromde style (25-35 mm). Blare van die Westelike Grondsuikerbosse gewoonlik ook minder horingagtig. Beperk tot die westelike vlaktes en berge wes van Swellendam langs die kus, alhoewel binnelands tot in die Wittebergreeks.

Protea acaulos COMMON GROND PROTEA AARDROOS 'n Lae struik tot 1 m dia., met ondergrondse takke en 'n wortelstok. Blare veranderlik, skerp of geleidelik afgespits na steel, leeragtig.

Protea angustata KLEINMOND PROTEA 'n pluisagtige mat tot 1,5 m dia., met ondergrondse takke met baie kort, regop blaarryke stamme. Blare regop, lynvormig, 120-250 mm lank, 2-8 mm wyd. Omhullende skutblare haarloos.

Protea laevis SMOOTH-LEAF PROTEA Sonder 'n wortelstok. Stamme lÍ op grond, haarloos met skubagtige blare. Blare eensydig, plat, sag.

Protea convexa LARGE-LEAF PROTEA Stamme rooi-bruin met taai vernis, haarloos. Blare eensydig, omgekeerd eiervormig, 180-250 mm lank, 60-100 mm wyd.

Protea revoluta ROLLED-LEAF PROTEA Blare gerol, lynvormig, 150-250 mm lank, 2-3 mm wyd, eensydig, steel silindries, punte gekrom.


Afdeling CRATERIFOLIA: Die Hangende Suikerbosse

Die Hangende Suikerbosse is gewoonlik liggende of geronde plante met bloeiwyses wat afhang of horisontaal aan die punte van krom takke sit. Bloeiwyses is groot, 50-130 mm dia. Blare is haarloos. Kom voor hoog in berge, bo 1000 m.

Protea recondita HIDDEN PROTEA Stamme haarloos. Blare regop, omgekeerd lansetvormig tot eiervormig, 75-160 mm lank, 25-55 mm wyd, haarloos, blougrys-wasagtig tot pers. Bloeiwyses omhul deur boonste blare. Omhullende skutblare haarloos, groen-geel.

Protea effusa SCARLET PROTEA Blare ellipties, 45-90 mm lank, 5-30 mm wyd, regop tot eensydig. Bloeiwyses regop.

Protea sulphurea SULPHUR PROTEA Blare regop, ellipties tot omgekeerd lansetvormig, 10-40 mm lank, 4-12 mm wyd, groen tot blougroen-wasagtig. Bloeiwyse hangend aan kort lote.

Protea namaquana KAMIESBERG PROTEA Blare regop, omgekeerd lansetvormig tot lynvormig-spatelvormig, 30-60 mm lank, 4-10 mm wyd. Bloeiwyse hangend.

Protea pendula ARID PROTEA Blare regop, omgekeerd lansetvormig, 30-55 mm lank, 5-15 mm wyd. Bloeiwyses hang af aan kort sylote met blare wat terugwys.


Afdeling PARVIFLORAE: Die Skaliesuikerbosse

Die Skaliesuikerbosse is hoofsaaklik beperk tot skaliegronde van die Klipheuwel-formasie. Hulle word gekenmerk deur baie klein bloeiwyses (<50 mm diam.) en kort style (<20 mm lank). Net twee spesies kom voor in die Afdeling, beide met ivoorkleurige omhullende skutblare met pienk punte. Die blomme het 'n effe soet geur en word bestuif deur perdebye.

Protea mucronifolia DAGGER-LEAF PROTEA Blare regop, lansetvormig, 20-40 mm lank, 2-4 mm wyd, plat, punt 'n 2 mm lank swart doring. Bloeiwyse klokvormig, 25 mm lank, 50 mm dia. Styl 15-17 mm lank.

Protea odorata SWARTLAND PROTEA Blare regop, lynvormig, 25-65 m lank, 1,5-2 mm wyd, bovlak gegroef, punt 'n krom doring. Bloeiwyse klokvormig 20-30 mm dia. Styl 15-17 mm lank.


Afdeling PINIFOLIA: Die Roossuikerbosse

Die Roos- (of Naaldblaarsuikerbosse) is normaalweg kleiner as ander suikerbosse, met bloeiwyses 25-50 mm lank. Die omhullende skutblare is haarloos, die binnestes langer as die enkelblomme. Die blare is smal lynvormig of naaldagtig.

Protea scolymocephala THISTLE PROTEA Bloeiwyse 35-45 mm dia. Omhullende skutblare roomkleur-groen, haarloos, rand met fraiing hare.

Protea acuminata BLACK-RIM PROTEA Blare regop lynvormig tot spatelvormig, 60-120 mm lank, 5-8 mm wyd, skerppuntig, plat, haarloos. Omhullende skutblare wyn-rooi, rande donker.

Protea canaliculata GROOVE-LEAF PROTEA BERGROOSSUIKERBOS Blare gegroef aan onderkant, punt 'n ingekromde swart doring, regop, lynvormig tot spatelvormig, 45-80 mm lank.

Protea nana MOUNTAIN-ROSE PROTEA SKAAMROOS Stamme haarloos. Blare dig, regop, naaldvormig, 18-30 mm lank, 1-1,5 mm wyd, heldergroen, haarloos, sagte bruin doringpunt. Bloeiwyse hangend.

Protea witzenbergiana SWAN PROTEA Stamme harig in volwasse stadium tot haarloos. Blare eensydig, naaldagtig, 15-55 mm lank, 1-2 mm wyd, yl harig in volwasse stadium tot haarloos, blougrys-wasagtig, tot karmynrooi. Buitenste omhullende skutblare punt 5-30 mm lank blaaragtig.

Protea pityphylla CERES PROTEA SKAAMBLOM Stamme haarloos. Blare regop tot eensydig, naaldagtig, 40-90 mm lank, 1 mm wyd, effens gegroef, heldergroen, haarloos. Bloeiwyses koppievormig, 50-80 mm dia. Buitenste omhullende skutblare punt 15-20 mm lank blaaragtig.


Afdeling HYPOCEPHALAE: Die Knaagdiersuikerbosse

Die Knaagdieruikerbosse word gekenmerk deur okselstandige bloeiwyses, anders as die eindstandige bloeiwyses van al ander suikerbosse. Bloeiwyses is teen die grondvlak, aan die basis van takke en stamme, en is dus verberg deur blare en takke. Omhullende skutblare is bedek deur donkerbruin of pers hare wat die blomme onbeduidend maak en laat lyk of die blomtyd verby is. Saam met die vlak komvormige bloeiwyses en die gisagtige geur, is dit aanpassings vir bestuiwing deur knaagdiere, en om die nektar vir voŽls en bye te verberg. Alhoewel verskeie spesies houterige bassisse het, is hulle nie bestand teen brande nie, anders as ander suikerbosse met wortelstokke.

Protea amplexicaulis OMHELSING-LEAF PROTEA Blare teen 'n reghoek aan stam, omhelsend aan stam, hartvormig-ellipties. Bloeiwyses okselstandig aan laer takke. Omhullende skutblare pers-swart fluweelagtig tot kortharig buite en aan rande.

Protea cordata HEART-LEAF PROTEA 'n Kort regop struikie tot 0,5 m hoog, 0,3 m diam, met verskeie onvertakte lote vanuit 'n houterige stam. Stamme haarloos, met rooi skynsel, tot 500 mm lank, met bruin lansetvormig-skerp skubblare aan basis, heen-en weer tussen blare. Blare hartvormig. Bloeiwyses okselstandig, getros aan basis van stamme. Omhullende skutblare bruin, papieragtige, wyd oop.

Protea decurrens LINEAR-LEAF PROTEA Stamme regop, haarloos. Blare regop, steel versmelt aan stam, lynvormig, 35-90 mm lank, 2-5 mm wyd, plat tot effens gegroef, skerp.

Protea subulifolia AWL-LEAF PROTEA Blare baie veranderlik, naaldagtig tot gegroef-rond. Omhullende skutblare sag papieragtig, bruin of pienk.

Protea humiflora PATENT-LEAF PROTEA Blare steelloos, lynvormig, reguit tot sekelvormig, 55-110 mm lank, 2-6 mm wyd, hoofaar opvallend, punt skerp, haarloos, blougroen-wasagtig, donker rooierige bruin skynsel. Bloeiwyse okselstandig. Omhullende skutblare ivoorkleurig met pienk punte binne, buite dig donker-pers-swart dons-fluweelharig.


Terug Protea Inligting in Afrikaans