|
Sleutel vir dir Vexatorella GenusGenus VEXATORELLA: Die Vexatorellas 'n Lid van die genus Vexatorella kan maklik verwar word met 'n Leucospermum (afdeling Diastelloides), waarvan dit egter onderskei kan word aan die terminale bloeiwyses wat gegroepeer mag wees in 'n pluim. Die blare het altyd 'n enkele vrat aan die punt. Die vier blomdekdele skei simmetries en is net saamgesmelt in die buisdeel. Blomme het 'n soet geur. Die blomskutblare word houtagtig n blomtyd, 'n kenmerk ook van L. secundifolium. Die vrug het 'n blywende styl en is haarloos met 'n elaiosoom wat die vrug omring en 'n kort steeltjie vorm. Vexatorella alpina KAMIESBERG VEXATOR Blare omgekeerd eiervormig tot ellipties, 30-45 mm lank, 5-13 mm wyd. Bloeiwyse gewoonlik 'n pluim met 2-6 gesteelde hoofde. Vexatorella amoena SWARTRUGGENS VEXATOR Blare omgekeerd eiervormig tot ellipties, 15-30 mm lank. Met 'n krans van skutblare onder die bloeiwyse se steel. Vexatorella latebrosa ROBERTSON VEXATOR Blare lynvormig of effens lepelvormig. Bloeiwyse 'n enkele hoof met 40-50 blomme. Vexatorella obtusata obtusata MONTAGUE VEXATOR 'n Liggende struik. Blare lynvormig of effens lepelvormig, 9-45 mm lank. Vexatorella obtusata albomontana WITTEBERG VEXATOR 'n Regop struik. Blare lynvormig of effens lepelvormig, 9-45 mm lank. |