Protea Atlas Logo
  Home
  Mission
  Overview of Project
  Project Staff
  Sponsors
  Achievements
  Checking, Illustrations
  Upcoming Activities
  Id and  Species Lists
  Protea Information
  Protea Gallery
  Growing Proteas
  Interim Dist. Maps
  Publications
  Afrikaanse Inligting

  SANBI

Sleutel vir dir Leucadendron Genus


Genus LEUCADENDRON: Die Tolbosse

Die genus Leucadendron kan maklik herken word aan die houtagtige tolletjies wat party plante in elk spesie dra, en aan die plante van afsonderlike geslagte. Naastenby die helfte van die plante (die vroulikes) in enige bevolking produseer tolletjies wat sade dra, terwyl manlike plante slegs in die kort blomtyd tolletjies dra en nooit saad produseer nie. Tolletjies bestaan uit spiraaalvormig gerangskikte blomskutblare, wat 'n enkelblom bedek en half verberg. N  blomtyd word die skutblare hard en houtagtig, om die opvallende vrugdraende tolletjies te vorm.

Die blomdekdele is saamgesmelt in 'n buis met net die punte vry. In manlike enkelblomme is die vrugbeginsel verklein. In vroulike enkelblomme is die styl reguit of effens gekrom, verdik aan die punt, gewoonlik met 'n gleuf op die punt om stuifmeel te ontvang.

Manlike plante is gewoonlik meer vertak as vroulike plante en is dikwels effens groter en met kleiner blare en tolletjies. Manlike enkelblomme word ondersteun deur onopvallende blomskutblare. Die boonste helfte van die blomdekdele van die enkelblom is vry en die in onderste helfte is hulle saamgesmelt in 'n buis. Die styl is altyd teenwoordig, en dien as 'n stuifmeelbieder, ander vroulike organe is egter gereduseer.

Die identifikasie van Tolbosse is moeilik omdat dit hoofsaaklik berus op vrugvorm. Gelukkig stoor baie spesies hulle vrugte vir die grootste deel van die jaar in die vroulike tolletjies. In spesies wat hulle vrugte nie stoor nie, kan tolletjies op die grond versamel word vir identifikasie. Verder word verskeie ander eienskappe van beide manlike en vroulike plante aangewend om spesies te onderskei. Dit sluit in: die groeiwyse van die spesies, keëlvorm en -grootte, asook grootte, vorm en harigheid van blare.

SLEUTEL

1. Vrug plat met vlerke, of plat met 'n prominente geriffelde rand, nooit harig, tolletjies altyd teenwoordig op vroulike bosse (UITSONDERING INGESLUIT: L. floridum); vroulike blomskutblare altyd rondom die basis van die enkelblom; vroulike vrugbeginsel gewoonlik haarloos; manlike styl gewoonlik haarloos Subgenus ALATOSPERMAE: 2.

1' Vrug 'n neut, groot en gerond aan beide kante, of gerond net aan een kant (buikig), soms gepunt, soms met 'n geriffelde rand, dikwels harig; tolletjies op vroulike bosse nie altyd deur die jaar teenwoordig nie (versamel party op die grond!); vroulike blomskutblare gewoonlik vry, vroulike vrugbeginsel gewoonlik harig, manlike styl gewoonlik harig aan die basis Subgenus LEUCADENDRON: 5.


Subgenus LEUCADENDRON

Die subgenus Leucadendron bevat 'n verskeidenheid van vrugtipes en is verdeel in twee hoofgroepe:

(A) MEMBRANACEA: Die laer deel van die volwasse vroulike blomdek is membraanagtig en groei saam totdat die vrug daardeur omring is in die keël. Villosa, Membranacea, Carinata, Uniflora, Aliena, Nervosa, Leucadendron

(B) CRUCIFERAE: Die volwasse vroulike blomdek kom los van die vrugbeginsel en splits om 'n kruis te vorm wat boontoe gestoot word aan die punt van die groeiende vrug. Cuneata, Nucifera, Ventricosa

Hierdie kenmerke is egter nie opvallend nie en word nie ingesluit in die sleutel hieronder nie. As tolletjies egter beskikbaar is, soek dan die blomdek: dit is 'n nuttige kenmerk as dit beskikbaar is.

Net 'n paar spesies stoor die vrug in tolletjies (serotinie) totdat 'n brand die plante doodmaak en die vrug vrygelaat word. Dit kom voor in afdelings Villosa (4 van 10 spesies), Nervosa (1/1) en Leucadendron (4/4). Identifikasie van hierdie spesies is dus eenvoudig omdat tolletjies voortdurend beskikbaar is.

5. Vrug 'n bikonvekse neut of neutjie 6.

5' Vrug met een kant plat, die ander gerond, sonder hare; keël met verlengde steel en blaaragtige omwindselskutblare Afdeling VENTRICOSA

6. Omwindselskutblare los van mekaar 7.

6' Omwindselskutblare dig saamgepak, volwasse vroulike blomdekdele teen mekaar, vrug onder duidelik gepunt, gespikkeld, met kort yl hare Afdeling CUNEATA

7. Vrugkleur eenvormig, nie gespikkeld, nie onder duidelik gepunt nie 8.

7' Vrug gespikkeld, skerp gepunt, yl of dig bedek met hare, nooit haarloos Afdeling VILLOSA

8. Vrug nie gekiel 9.

8' Vrug verleng, grys, sonder hare, met 'n dubbele rif aan bokant Afdeling CARINATA

9. Vroulike tolletjies bevat meer as 10 blomme 10.

9' Vroulike tolletjies bevat net een tot drie blomme of vrugte Afdeling UNIFLORA

10. Vrug sonder hare 11.

10' Vrug met hare 12.

11. Vroulike blomdekdele vry, segmente bokant harig, membraanagtig onder Afdeling MEMBRANACEA

11' Vroulike blomdekdele teen mekaar, segmente harig bokant, spreidend en smal onder Afdeling NUCIFERA

12. Vroulike blomdek gepluim, styl blywend aan vrug om valskerm te vorm, vrug sonder duidelike elaiosoom Afdeling LEUCADENDRON

12' Vroulike blomdek haarloos, styl blywend aan vrug; vrug sonder duidelike elaiosoom, gefraiing met 8 mm lang hare Afdeling NERVOSA

12" Vroulike blomdek nie gepluim, styl nie blywend aan vrug; vrug met opvallende onderste elaiosoom Afdeling ALIENA


Subgenus ALATOSPERMAE

Die subgenus Alatospermae is verdeel in vier afdelings. Meer van hierdie spesies as van die subgenus Leucadendron kom in die suidwestelike Kaap voor.

Die subgenus word gekenmerk deur die gevlerkte vrug, sterk gerif (een spesie) of driehoekig in deursnee. Die keëlskutblare omvat mekaar altyd dig, en skei net in die droë tolletjies; dit is in teenstelling met die afdeling Leucadendron waar die keëlskutblare afsonderlik is.

2. Vrug gevlerk, afgeplat of driehoekig, nooit met 'n rowwe midderif, omwindselskutblare nie olierig nie 3.

2' Vrug plat op een kant, met 'n opvallende rowwe midderif, effens gepunt; omwindselskutblare donkerbruin en olierig, vroulike blomdekdele minder as 7 mm lank, oorvleuelend soos teëls Afdeling BRUNNEOBRACTEATA

3. Vrug meer as 5 mm breed, met prominente vlerk (behalwe party vorms van L. xanthoconus), vroulike blomdekdele haarloos 4.

3' Vrug minder as 5 mm breed, smal gevlerk of driehoekig in deursnee; vroulike blomdekdele 2-5 mm lank, met kort hare, segmente teen mekaar sonder oorvleueling Afdeling TRIGONA

4. Vrug saamgedruk, plat en gevlerk; blare is naaldvormig en rond in deursnee in jong plante, maar mag plat word in ouer plante; skutblare van vroulike tolletjies dig saamgedruk, oorvleuel nie met boonste skutblare nie Afdeling COMPRESSA

4' Vrug breed gevlerk, gewoonlik driehoekig; blare altyd plat; skutblare van vroulike tolletjies dig saamgedruk, oorvleuel die boonste skutblare soos teëls Afdeling ALATA


Afdeling MEMBRANACEA: Die Ariede Tolbosse

Die Ariede Tolbosse word gekenmerk deur hulle bikonvekse, haarlose, donkerbruin, neutagtige vrugte. Die vrugte word vrygelaat n  hulle ryp word. Die vrugte is dus byna identies aan di‚ van die afdeling Nucifera. Hulle word verder onderskei deurdat die blomdekdele van die volwasse vroulike enkelblomme vry is, en nie 'n buis vorm nie (en daarom uitmekaar val as dit uitgehaal word), met hare op die boonste enkelblomme en 'n membraanagtige tekstuur by die basis. Al vier spesies is beperk tot die dor, noordwestelike bergreekse. Die blaarvorm en die -grootte van die vroulike enkelblomme is belangrik om spesies te onderskei.

Leucadendron remotum NIEUWOUDVILLE ARID CONEBUSH Struike tot 1,7 m hoog, enkelstammig, maar vertak naby die grond. Blare 29 mm lank, 6,5 mm wyd in manlikes, 42 mm lank, 8 mm wyd in vroulikes, lintvormig (omgekeerd lansetvormig-lynvormig), gryserig groen, regop, die onderpunt omvat die stam. Manlike styl haarloos. Vroulike bloeiwyses omring deur glansbruin, skerppuntige, oorvleuelende omwindselskutblare. Vrugbeginsel harig aan die punt. Styl meer as 10 mm lank.

Leucadendron pubescens GREYMAT ARID CONEBUSH Regop, digte, 0,6-2,5 m hoë struike, gryserig groen met 'n enkele stam. Blare omgekeerd lansetvormig, vernou aan die basis, gedraai, haarloos tot silweragtig harig. Omwindselskutblare skerppuntig, sagharig. Blomdek sagharig. Styl minder as 10 mm lank. Tolletjies bedek met silweragtige hare, 32-40 mm dia., bolvormig.

Leucadendron bonum GIDEONSKOP ARID CONEBUSH Blare spatelvormig, silweragtig sagharig. Baie omwindselskutblare, skerppuntig, met lang hare, gaan oop in sonnige weer, toe in reënweer.

Leucadendron arcuatum RED-EDGED CONEBUSH Veelstammig vanuit 'n wortelstok. Blare veranderlik, omgekeerd eiervormig tot spatelvormige, rande rooi en verdik. Manlike bloeiwyses bolvormig. Omwindselskutblare smal driehoekig, haarloos.


Afdeling VILLOSA: Die Sandveldse Tolbosse

Die Sandveldse Tolbosse word gekenmerk deur hulle gespikkelde, dig tot yl wolharige, neutagtige vrugte met 'n skerp punt. Twee van die spesies (dubium en concavum) se vrugte is baie groter as die van ander en byna haarloos.

Dit is nuttig om hierdie groep te klassifiseer:

  • Vrugte val af binne twee maande vanaf blomtyd (6 spp: brunioides, concavum, coriaceum, dubium, stellare, thymifolium) of
  • Vrugte bly aan die plant (4 spp: cinereum, galpini, levisanus, linifolium).
  • Blare wat die stam omvat en oorvleuel soos teëls op 'n dak (5 spp: concavum, dubium, levisanus, stellare, thymifolium) of
  • Blare wys weg van die stam (5 spp: brunioides, cinereum, coriaceum, galpini, linifolium)

Blaarvorm en die teenwoordigheid van 'n wortelstok is die die vernaamste kenmerk om te onderskei tussen spesies van Sandveldse tolbosse.

Leucadendron coriaceum ROSETTE CONEBUSH Dun stamme vanuit 'n wortelstok. Blare klein, omgekeerd eiervormig en haarloos. Manlike styl met 2 mm lang hare op die onderste helfte.

Leucadendron dubium CEDERBERG CONEBUSH VUURSLAANBOS Enkele basisstam, en verskeie slank takke. Blare ellipties, sagharig, dig oorvleuelend en omvat die stam, 5-9 mm lank, 3,5 mm wyd. Blomdek met digte hare. Tolletjies met digte hare, vrug vrygelaat.

Leucadendron concavum PAKHUIS CONEBUSH Enkele stam aan die basis. Blare omgekeerd eiervormig tot sirkelvormig, sagharig, 9 mm lank, 5 mm wyd in manlike, 12 mm lank, 7.5 mm wyd in vroulikes. Tolletjies met digte hare.


Afdeling VILLOSA: Die Sandveldse Tolbosse

Leucadendron brunioides brunioides FOETID CONEBUSH

Met verskeie dun stamme vanuit 'n wortelstok. Blare lynvormig, 23 mm lank, 1-2 mm wyd, haarloos. Manlike blomskutblare omgekeerd lansetvormig, wolharig.

Leucadendron brunioides flumenlupinum GRAAFWATER FOETID CONEBUSH Met verskeie dun stamme vanuit 'n wortelstok. Blare lynvormig tot langwerpig, 23 mm lank, 2-4 mm wyd in vroulike plante. Manlike blomskutblare omgekeerd lansetvormig, wolharig.

Leucadendron stellare STAR CONEBUSH Veelstammig vanuit 'n wortelstok. Blare, lynvormig-lansetvormig met 'n vernoude punt, sittend, omvat die stam dig. Vrug 4,5 mm lank, 4 mm breed.

Leucadendron thymifolium MALMESBURY CONEBUSH Min takke vanuit 'n basisstam. Blare ellipties tot langwerpig. Vrugondersteunende skubbe teenwoordig. Tolletjies 18 mm dia., met effens harige skutblare. Vrug 5,5 mm lank, 6 mm breed.

Leucadendron levisanus CAPEFLATS CONEBUSH Enkele hoofstam. Blare omgekeerd lansetvormig tot spatelvormig, 10 mm lank, 4 mm wyd. Tolletjies saadstorend.

Leucadendron linifolium LINE-LEAF CONEBUSH KRAALTOLBOS Enkele hoofstam. Blare veranderlik, lynvormig-omgekeerd lansetvormig, gedraai. Manlike bloeiwyses gesteeld. Tolletjies saadstorend, 13-24 mm dia.

Leucadendron galpinii GLABRESCENT CONEBUSH 'n Hoë, gryserige struik tot 2-3 m hoog. Blare lynvormig omgekeerd lansetvormig, afgespits aan die basis, gedraai. Manlike bloeiwyses met 'n 7 mm lang steel. Tolletjies saadstorend, 32 mm lank, 22 mm dia.

Leucadendron cinereum SCRAGGLY CONEBUSH VAALKNOPBOS Enkele hoofstam. Blare lynvormig omgekeerd lansetvormig, vernou aan die basis, met 'n rooi vrat aan die punt, 27 mm lank, 5,5 mm wyd in manlikes, 47 mm lank, 5,5 mm  wyd in vroulikes, effens gedraai. Manlike bloeiwyses sittend. Blomdekdele oorvleuelend. 


Afdeling CARINATA: Die Ridge-seed Tolbosse

Die Carinata se vrugte is verlengde, grys, gladde neute. 'n Dubbelde rif aan die boonste oppervlak gee aan die vrug 'n dubbeld- gekielde voorkoms. Die vroulike blomdekdele is vry en vorm nie 'n buis nie. Die manlike blomdekdele vorm 'n buis wat saamgesmelt is aan die onderste deel van die styl en daarom is daar nie vrugondersteunende skubbe nie. Beide spesies in hierdie afdeling stel hulle vrugte vry as dit ryp word.

Leucadendron sericeum WABOOMS CONEBUSH Blare smal omgekeerd lansetvormig, sagharig maar nie silweragtig nie, tot 9 mm lank, 2 mm wyd in die manlikes, vroulikes tot 15 mm lank, 2,5 mm wyd. Omwindselblare soos blare aan stam.

Leucadendron nitidum BOKKEVELD CONEBUSH Blare smal omgekeerd lansetvormig, dig bedek deur fyn hare, silweragtig, 9-15 mm lank, 2-4 mm wyd in manlikes, 11-20 mm lank, 2-5 mm wyd in vroulikes. Omwindselblare tweemaal so groot as blare aan stam, geel, saamgepak.


Afdeling UNIFLORA: Die Pauciflor Tolbosse

Die afdeling Uniflora is baie nou verwant aan afdeling Carinata, veral wat die manlike en vroulike blomstruktuur betref. Die Pauciflora het egter neute met yl, kort hare. Die vroulike bloeiwyses dra net een tot drie blomme aan hulle punte. Die vroulike blomdekdele is vry en vorm nie 'n buis nie. Die manlike bloeiwyses bevat minder as 12 blomme aan die punt. Die manlike blomdekdele vorm 'n buis wat saamgesmelt is met die onderste deel van die styl en daarom is daar nie vrugondersteunende skubbe nie en beide spesies word blykbaar deur wind bestuif. Beide spesies stel hul vrugte vry wanneer hulle ryp is.

Leucadendron olens YELLOW CONEBUSH Blare lynvormig-lansetvormig. Vroulike bloeiwyses dra 2-3 geel enkelblomme, met groot tweespletige stempels.

Leucadendron ericifolium ERICOID CONEBUSH HEIDEBLAARGEELBOS Blare dimorfies, onderste blare erica-agtig, boonste blare lynvormig. Baie manlike bloeiwyses. Vroulike bloeiwyses dra 'n enkele blom.


Afdeling ALIENA: Die Kouga Tolbosse

Die Kouga Tolbosse bestaan uit twee spesies met 'n spreidende groeivorm. Beide produseer 'n eiervormige, kortharige neut, wat vrygelaat word as dit ryp is, en word verder gekenmerk deurdat die styl afval van die vrug. Beide is hoofsaaklik beperk tot die distrik Uniondale.

Die afdeling Aliena is nou verwant aan afdeling Leucadendron, soos duidelik is aan die saamgesmelte vroulike blomdek.

Leucadendron singulare KAMMANASIE CONEBUSH Blare omgekeerd lansetvormig-lynvormig, vernou na die basis, met kort, digte, silweragtige hare.

Leucadendron sorocephaloides WOOLLY CONEBUSH Blare erica-agtig, dik, vlesig. Baie omwindselskutblare, lansetvormig, skerppuntig, bruin, opvallend. Manlike bloeiwyses wollerig, roomwit. Vroulike bloeiwyses met wollerige roomkleur enkelblomme aan die punte.


Afdeling NERVOSA: Die Jonaskopse Silwertolbos

Die Jonaskopse Silwertolbos het 'n klein skerp gepunte neutjie, net soos die afdeling Leucadendron, maar dit word gekenmerk deur 'n haarfraiing, 8 mm lank. Die vroulike blomdekdele is vry en haarloos, en die styl bly aan die vrug. Hierdie spesies is die naaste verwant aan die Silwer Tolbosse van die afdeling Leucadendron.

Leucadendron nervosum JONASKOP CONEBUSH Takke harig. Blare ellipties, leeragtig. Omwindselblare geel, kleiner na middel, bedek met lang wit wolhare. Tolletjies konies, dig sagharig. 


Afdeling LEUCADENDRON: Die Silwer Tolbosse

Die Silwer Tolbosse se vrug is 'n sagharige neut, met die gepluimde vroulike blomdekdele saamgesmelt in 'n buis wat nie van die blywende styl kan afglip nie en dus 'n valskerm vir die vrug vorm. Vrugte word vir verskeie jare in die tolletjies gestoor. Blaarmorfologie word gebruik om spesies te onderskei.

Leucadendron dregei DISH CONEBUSH Spreidende struik. Blare lynvormig omgekeerd lansetvormig, haarloos, dik en vlesig. Blomdekdele om die vrug vry, saamgesmelt slegs aan basis.

Leucadendron album LINEAR-LEAF CONETREE Blare lynvormig tot lynvormig-omgekeerd lansetvormig met 'n kort silweragtige hare. Die agterste blomdeksegment het 'n vlesige basis. Blomdekdele met kort pluime, saamgesmelt, omring die vrug en kan gly aan die blywende styl.

Leucadendron rubrum SPINNING-TOP CONETREE TOLLETJIESBOS Blare omgekeerd lansetvormig, sagharig, word mettertyd haarloos, groen. Manlike bloeiwyses smal, sonder omwindsel. Vroulike bloeiwyses eiervormig met 'n skerp punt waaruit die stempels van enkelblomme uitsteek in 'n pluisie. Vrug met 'n blywende styl waaraan saamgesmelte blomdekdele, met lang pluime, kan gly.

Leucadendron argenteum SILVER CONETREE WITTEBOOM Bome tot 10 m hoog. Blare silwer, rande gefraiing met lang hare. Vrug yl langharig, met blywende styl waaraan saamgesmelte blomdekdele, met lang pluime, kan gly. 


Afdeling CUNEATA: Die Fusebract Tolbosse

Die Cuneata word uitgeken aan hulle gepunte, gespikkelde neutjies met kort, yl hare, hulle saamgesmelte blomdekdele en aan hulle dig saamgedrukte keëlskutblare. Alle drie spesies kom voor op gelyk grond in die suidwestelike kusvlakte, en gooi hulle vrugte jaarliks af. Twee van die spesies (corymbosum, laxum) word gekenmerk deur 'n `korimbeuse' groeiwyse 'n bondel kort stamme vanuit die basis van die plant wat 'n lae ronde bos vorm waaruit, lang, slank, regop stamme groei.

Leucadendron verticillatum KLAPMUTS CONEBUSH Blare smal omgekeerd lansetvormig, gedraai, dig silweragtig-harig, met 'n klein bruin nael. Blomdekdele dig saamgedruk.

Leucadendron corymbosum SWARTVELD CONEBUSH Regop stamme en 'n bondel baie kort takkies vanuit die basis. Blare naaldagtig. Manlike bloeiwyses 12 mm dia., enkel aan die punte van baie kort takke gee tuilagtige voorkoms. Blomskutblare 1,5 mm lank met 1 mm lang borselhare. Vroulike bloeiwyses is enkelblomme wat effens verberg word deur krullende, lepelvormige blomskutblare.

Leucadendron laxum BREDASDORP CONEBUSH VLEIROSIE Slank regop stamme en 'n bondel baie kort takkies vanuit die basis. Blare naaldagtig. Manlike bloeiwyses 6 mm lank, 9 mm dia. Blomskutblare 1,5 mm lank met borselhare korter as 1 mm. Tolletjies met dig gedrukte skutblare waarvan die punte opstaan.


Afdeling NUCIFERA: Die Sun Tolbosse

Die Nucifera word gekenmerk deur groot, donkerbruin, bikonvekse, haarlose neute. Hulle lyk dus soos die afdeling Membranacea. Die blomdekdele in die volwasse vroulike enkelblomme is saamgesmelt in 'n buis, smal onder en spreidend, met hare op die boonste segmente. Hulle val nie uitmekaar in afsonderlike segmente (soos in afdeling Membranacea) nie. Alle spesies laat hulle vrugte vry wanneer dit ryp is.

Die 16 spesies word verdeel op grond van die morfologie van die manlike enkelblom se stempel en die manlike enkelblom se skutblare:

SLEUTEL

1. Afgewerpte stempel in manlike enkelblom subsilindries, verlengd-knuppelvormig 2.

1' Afgewerpte stempel in manlike enkelblom afgeknot tweespletig en met 'n pseudostigmatiese oppervlak STIGMATIC SUNCONEBUSHES

2. Manlike blomskutblare harig NORTHWESTERN SUNCONEBUSHES

2' Manlike blomskutblare haarloos SOUTHWESTERN SUNCONEBUSHES

Die Stigmatic Sunconebushes omvat 7 spesies, wat maklik onderskei kan word omdat die stempel van die manlike blom afgeknot en tweespletig is, met 'n pseudostigmatiese stuifmeelbieder. Die Stigmatic Sunconebushes kom voor vanaf Worcester ooswaarts tot Port Elizabeth, en verteenwoordig dus die oostelike komponent van die Sun Tolbosse

. Leucadendron cordatum, L. orientale, L. pubibracteolarum en L. tradouwense mag beskou word as verskillende vorms van L. tinctum, maar hulle verskil voldoende om as aparte spesies geklassifiseer te word. Die vorming van die blomknop en die ontwikkeling van die omwindselskutblare is nuttige kenmerke om te onderskei tussen die spesies.

Die Noordwestelike Sunconebushes omvat 5 spesies wat gekenmerk word deur harige manlike blomskutblare en subsilindriese manlike stempels. Die Noordwestelike Sunconebushes kom almal voor naby die Sederberge en in die geassosieerde Heksrvier-, Gif- Nieuwoudvilleberge in die noordweste van die fynbos-gebied. Die spesies in hierdie groep is baie veranderlik, en kan die beste onderskei word deur 'n kombinasie van blaarvorm en -grootte, die vorm van die omwindselskutblare en die kleur van die blomme.

Die 4 spesies Suidwestelike Sunconebushes word gekenmerk deur 'n subsilindriese stuifmeelbieder en haarlose manlike blomskutblare. Die Suidwestelike Sunconebushes kom voor in 'n boog vanaf die Witteberg na die suidelike Sederberge, Du Toitskloof- en Hottentotshollandberge, Die spesies in hierdie groep word die maklikste van mekaar onderskei deur groeiwyse, blaarvorm en -grootte en die omwindselskutblare. 


Afdeling NUCIFERA: Die Stigmatic Sunconebushes

Leucadendron barkerae SWARTBERG SUNCONEBUSH Blare ellipties, blougroenerig met fyn hare, soms getand. Manlike blomskutblare lynvormig met randhare wat die basis van die bloeiwyse dig omvat. Vroulike bloeiwyses se skutblare oorvleuelend, nie ingekrom.

Leucadendron burchellii RIVIERSONDEREND SUNCONEBUSH Blare ellipties, haarloos, donkergroen. Omwindselblare dig om die bloeiwyse se basis en oorvleuelend. Manlike bloeiwyses se blomme sprei wyd as hulle oopgaan. Manlike blomdek effens harig. Vroulike bloeiwyses met oorvleuelende, ingekromde omwindselskutblare.

Leucadendron tradouwense TRADOUW SUNCONEBUSH Takke haarloos. Blare regop. Manlike blomskutblare haarloos. Vroulike bloeiwyses se skutblare ingekrom, nie olierig. Tolletjies bolvormig of ellipsoied, 1/3-1,6 maal so lank as breed, Keëlskutblare breed, stomp, haarloos aan bokant, harig onder, nie olierig.

Leucadendron orientale VANSTADENS SUNCONEBUSH Blare lansetvormig tot omgekeerd lansetvormig, haarloos, regop, grasgroen. Omwindselblare saamgepak. Manlike blomskutblare het min hare. Baie omwindselskutblare (omtrent 94), omgekeerd lansetvormig, ingekrom.

Leucadendron pubibracteolatum PURPLE-LEAF SUNCONEBUSH Blare omgekeerd lansetvormig-ellipties, haarloos, uitgebuig. Manlike blomskutblare sagharige. Vroulike bloeiwyses se omwindselskutblare (omtrent 89) rooierig, ingekrom, nie blink of olierig nie. Tolletjies se skutblare ingekrom. Vrug rondom gerif.

Leucadendron tinctum SPICY SUNCONEBUSH Bosagtige, spreidende struike. Takke harig. Blare langwerpig-lansetvormig, haarloos, blougroen, uitgebuig. Manlike blomskutblare haarloos. Vroulike bloeiwyses met sterk speserygeur. Tolletjies byna so breed as lank, skutblare vierhoekig, nie ingekrom, haarloos en olierig aan bokant. Vrug rond.

Leucadendron cordatum DROOPY SUNCONEBUSH BERGKATJIEPIERING Regop of spreidend oor rotse. Blare ellipties of langwerpig. Omwindselblare groter, langer as die blomhoof. Bloeiwyses hangend aan skerp afgebuigde -takpunte.


Afdeling NUCIFERA: Die Noordwestelike Sunconebushes

Leucadendron sheilae LOKENBERG SUNCONEBUSH 'n Klein struikie. Takke haarloos. Blare smal omgekeerd lansetvormig. Manlike bloeiwyses klein, groenerig, slegte geur. Vroulike bloeiwyses klein, bolvormig, met groen enkelblomme. Blomskutblare harig aan onderkant, eiervormig stomp. Omwindselskutblare haarloos, vernisagtig, rooierig bruin.

Leucadendron meyerianum VANRHYNSDORP SUNCONEBUSH Verskeie slank takke. Blare lynvormig. Manlike bloeiwyses klein. Vroulike bloeiwyses klein.

Leucadendron glaberrimum OILY SUNCONEBUSH Regop of spreidende struike. Blare omgekeerd lansetvormig, haarloos tot sagharig, leeragtig. Omwindsel onopvallend. Manlike blomskutblare 4 mm lank, lynvormig, olierig, harig onder, haarloos aan bokant. Manlike blomme geel. Omwindselskutblare met 'n haarfraiing.

Leucadendron loranthifolium GREENFLOWERED SUNCONEBUSH Struik tot 2 m hoog, met enkele hoofstam. Blare blougroen, rand kraakbeenagtig. Manlike bloeiwyses groen, afgeplat bolvormig. Omwindselskutblare eiervormig. Blomskutblare lynvormig, dig krulharig. Vroulike bloeiwyses groen.

Leucadendron roodii GIFBERG SUNCONEBUSH Blare ellipties, haarloos. Omwindselskutblare rooi, sakvormig.


Afdeling NUCIFERA: Die Suidwestelike Sunconebushes

Leucadendron cadens WITTEBERG CONEBUSH Lae struik. Blare smal omgekeerd lansetvormig, halfsittend. Omwindselskutblare sirkelvormig. Blomskutblare 11 mm lank, haarloos. Blomdek met 'n 9.5 mm lang buis. Vrugondersteunende skubbe onbeduidend. Tolletjies 27 mm lank.

Leucadendron gydoense GYDO SUNCONEBUSH Stamme slank, haarloos. Blare smal omgekeerd lansetvormig. Omwindselblare soortgelyk, nie saamgepak nie. Blomskutblare haarloos.

Leucadendron sessile SUN CONEBUSH Blare smal ellipties. Omwindselblare soortgelyk, saamgepak. Bruin of persagtige bruin omwindselskutblare, nie ingekrom, sigbaar.

Leucadendron daphnoides DUTOITSKLOOF SUNCONEBUSH Blare haarloos, lansetvormig of ellipties. Omwindselblare dig oorvleuelend rondom die onderste deel van die hoof, verberg die omwindselskutblare. Manlike blomskutblare met lepelvormige punte. Vroulike blomdek 21 mm lank.


Afdeling VENTRICOSA: Die Crown Tolbosse

Die Ventricosa word gekenmerk aan 'n haarlose neut, buikig aan een kant en gekiel aan die ander, met 'n smal rif rondom. Die volwasse vroulike blomdekdele is saamgesmelt, en langer as 7 mm. Die tolletjies is uniek daarin dat hulle skutblare heeltemal vry van mekaar en effens blaaragtig is en 'n verlengde blombodem het. Al drie spesies stel hulle vrugte vry n  'n lang (5 maande) periode. Almal groei op vlaktes tussen die berge.

'n Moontlike sesde spesie, L. grandiflorum, bekend slegs vanaf 'n tekening, het op die op Wynbergheuwel gegroei. Onderskeibaar aan sy liggroen, kleiner (12-14 mm breed) gedraaide blare, 'n slegte geur en kleiner manlike bloeiwyse, skutblare en blomme, mag dit 'n variant van L. globosum wees.

Leucadendron globosum GRABOUW CONEBUSH Stamme harig. Blare ovaal, donkergroen. Vroulike bloeiwyses met dig oorvleuelende, ingekromde, omwindselskutblare.

Leucadendron chamelaea WITSENBERG CONEBUSH Regop struike tot 2,3 m hoog, vertak laag teen 'n enkele hoofstam. Blare omgekeerd lansetvormig-lynvormig, 40 mm lank, 6 mm wyd in manlikes, tot 45 mm lank, 6 mm wyd in vroulikes. Manlike bloeiwyses 20 mm dia. Blomskutblare in 5 spirale. Tolletjies het baie omgekeerd eiervormige, nie-oorvleuelende, groen skutblare.

Leucadendron elimense elimense ELIM CONEBUSH Blare ellipties, 13-49 mm lank, 5-19 mm wyd in manlikes; 14-57 mm lank, 7-21 mm wyd in vroulikes, dig gepak. Vroulike bloeiwyses se kante dig oorvleuel deur ingekromde omwindselskutblare.

Leucadendron elimense salteri CALEDON CONEBUSH Blare 55-67 mm lank, 15-25 mm wyd in manlikes; 61-78 mm lank, 19-26 mm wyd in vroulikes; ellipties, ver uit mekaar.

Leucadendron elimense vyeboomense VYEBOOM CONEBUSH Blare 43 mm lank, 11 mm wyd, eenders in beide geslagte, lansetvormig.


Afdeling TRIGONA: Die Deltaseed Tolbosse

Die Trigona het vrugte minder as 5 mm breed met smal vlerke of 'n half driehoekige deursnee. Die volwasse vroulike blomdek is altyd sagharig en die lobbe kom teen mekaar sonder oorvleueling. Met die uitsondering van L. floridum, die enigste uitsondering in die subgenus, behou al die spesies hulle vrugte in die tolletjies.

Die Stream Tolbosse (conicum, macowanii, salicifolium) omvat 'n subgroep wat almal breë keëlskutblare het, asook 'n oop stempel in die vroulike knop, 'n vroulike blomdek in buisvorm en hulle groei in klam plekke.

Let op dat party vorms van L. xanthoconus (afdeling Alata) vrugte het wat tipies is van hierdie afdeling.

Leucadendron floridum FLATS CONEBUSH TOLBOS Takke harig. Blare syharig met 'n genaelde punt. Blomdek saamgesmelt, buisvormig.

Leucadendron uliginosum uliginosum OUTENIQUA CONEBUSH Haarlose takke. Blare lynvormig langwerpig, plat silweragtig-harig. Manlike blomknop haarloos aan punt. Tolletjies se skutblare silweragtig-harig. Smal gevlerkte vrug.

Leucadendron uliginosum glabratum TSITSIKAMMA CONEBUSH Blare groen, sagharig as dit jonk is en word mettertyd haarloos, 20 mm lank, 4 mm wyd in manlikes, 26 mm lank, 4 mm wyd in vroulikes

Leucadendron loeriense LOERIE CONEBUSH Struike. Blare met regop fluweelhare. Breë gevlerkte vrug.

Leucadendron radiatum LANGEBERG CONEBUSH Struik 0,6 m hoog, dig. Blare skerp gedraai, 23 mm lank, 5 mm wyd.

Leucadendron rourkei UNIONDALE CONEBUSH Blare haarloos, tot 18 mm lank, 3,5 mm wyd in manlikes, tot 24 mm lank, 45 mm wyd in vroulikes, omgekeerd lansetvormig. Omwindselblare onopvallend. Blomdek 3,5 mm lank.


Afdeling TRIGONA: Die Deltaseed Tolbosse

Leucadendron conicum GARDEN-ROUTE STREAMCONEBUSH Struike of klein bome. Blare smal omgekeerd lansetvormig, donkergroen. Manlike bloeiwyses sagharig. Omwindselskutblare opvallend, sagharig buite.

Leucadendron pondoense PONDOLAND STREAMCONEBUSH Blare 35-60 mm lank, 2,5-4 mm wyd in manlikes, 50-70 mm lank, 3-4 mm wyd in vroulikes. Manlike bloeiwyses dig silwerharig. Omwindselskutblare (8) onopvallend, lynvormig, sagharig buite. Vrug word afgegooi n   12 maande.

Leucadendron salicifolium COMMON STREAMCONEBUSH Blare lynvormig, haarloos.

Leucadendron macowanii ACACIA-LEAF STREAMCONEBUSH Blare smal omgekeerd lansetvormig, 53 mm lank, 7 mm wyd in manlikes, tot 77 mm lank, 9 mm wyd in vroulikes. Omwindselblare afwesig. Omwindselskutblare (14) onopvallend.


Afdeling BRUNNEOBRACTEOTA: Die Oilbract Conebush

Die Brunneobracteata word gekenmerk deur 'n 7-8 mm breë vrug, met 'n skerp rif rondom, 'n skerp punt, en 'n skurwe midderif. Dit het ook donkerbruin omwindselskutblare bedek met 'n olierige bruin, politoeragtige hars, veral in die knopstadium.

Leucadendron microcephalum OILBRACT CONEBUSH Omwindselskutblare met 'n donkerbruin olierige vlek. Vrug met 'n dubbelde rif aan een kant.


Afdeling ALATA: Die Clay en Sunshine Tolbosse

Die Alata word gekenmerk deur die gevlerkte vrugte en die vroulike blomdekbuis met haarlose, vry segmente wat mekaar oorvleuel. Die blare is nooit naaldagtig nie.

Hierdie groep van 22 taxa is die grootste in die genus en kan verdeel word in twee groepe:

  • Die Clay Tolbosse met skurwe blare, en
  • Die Sunshine Tolbosse met gladde blare.

Die Clay tolbosse is die enigste spesies in die afdeling Alata wat op swaar kleigronde groei. Daar is drie spesies van klei tolbosse, onderskeibaar aan hulle blaargrootte en groeivorm.

Die Sunshine tolbosse word tipies gevind op sanderige gronde, met een op kalkgronde (meridianum) en een op kleigruis (cryptocephalum), alhoewel L. salignum nie kieskeurig is nie. Hierdie is 'n hegte groep, wat onderverdeel word in drie groepe bloot om hulle identifikasie te vergemaklik. Stamblare sluit nie di‚ naby die bloeiwyses in nie.

SLEUTEL

1. Spesies wat hergroei vanaf 'n wortelstok

flexuosum, salignum en spissifolium

Die laasgenoemde twee spesies is beide wydverspreid, (spissifolium het verskeie duidelike subspesies). Beide hierdie spesies is veranderlik en word die beste onderskei van flexuosum deur die haarlose oop skutblare van die tolletjies van spissifolium en die kortharige skutblare van salignum.

1' Spesies met 'n enkele basisstam. Oorleef brande nie. 2.

2. Langste vroulike blare aan stam minder as 60 mm lank: diemontianum, foedum, procerum, discolor en meridianum.

Met die uitsondering van L. meridianum, kom al hierdie spesies voor in die noordwestelike en westelike gebiede van die fynbos (wes van 'n lyn vanaf Stellenbosch tot die Heksrivier, uitsluitend die Kaapse Skiereiland). L. flexuosum pas goed in hierdie groep.

- Kleur van enkelblomme en harigheid en grootte van blare is nuttige kenmerke om te onderskei tussen die spesies in hierdie groep.

2' Langste vroulike blare aan stam langer as 60 mm: cryptocephalum, xanthoconus, eucalyptifolium, coniferum, gandogeri, laureolum & strobilinum.

Alle hierdie spesies kom voor in die oostelike deel van die fynbos, veral in die suidelike berge (insluitend die Kaapse Skiereiland) en die kusvlaktes, met net L. laureolum wat oorvleuel met die verspreiding van die vorige groep.

- Blaarvorm en -grootte en keëlgrootte is nuttige kenmerke om te onderskei tussen spesies in hierdie groep.


Afdeling ALATA: Die Clay Tolbosse

Leucadendron lanigerum SHALE CONEBUSH Wortelstok (enkelstammig by Wolseley). Blare omgekeerd lansetvormig-lynvormig, haarloos, skurf, effens gedraai.

Leucadendron modestum ROUGH-LEAF CONEBUSH Enkelstammig aan die basis. Blare smal omgekeerd lansetvormig.

Leucadendron stelligerum AGULHAS CONEBUSH Blare 23 mm lank, 7 mm wyd in manlikes, 28 mm lank, 8 mm wyd in vroulikes, nie gedraai. Omwindselblare verberg gedeeltelik die hoof in 'n stervormige kelk.


Afdeling ALATA: Die Sunshine Tolbosse

Leucadendron xanthoconus SICKLELEAF CONEBUSH Blare lynvormig langwerpig, gedraai aan die basis, aanvanklik silwerharig word mettertyd haarloos, effens sekelvormig. Keëlskutblare tweelobbig, harig.

 Leucadendron diemontianum VISGAT SUNSHINECONEBUSH Struike ontwikkel vanaf 'n enkele hoofstam met 'n bondel takke by die basis. Blare ellipties-lynvormig, omvat die stam. Manlike bloeiwyses 12 mm dia. Tolletjies 13-14 mm lank, 13-18 mm dia.

Leucadendron flexuosum WORCESTER SUNSHINECONEBUSH Slank, yl struik vanuit 'n wortelstok. Blare omgekeerd lansetvormig-lynvormig, haarloos. Manlike bloeiwyses 14 mm dia. Tolletjies 21 mm lank. Blomtyd: April-Mei

Leucadendron salignum COMMON SUNSHINEBUSH KNOPPIESGEELBOS Veelstammige struik vanuit 'n wortelstok. Blare omgekeerd lansetvormig-lynvormig, haarloos, nie blink nie. Blomskutblare harig.

Leucadendron foedum HOPEFIELD SUNSHINECONEBUSH Struike tot 2,5 m hoog, enkelstammig, manlikes gerond. Omwindselblare omgekeerd lansetvormig, liggroen. Manlike enkelblomme geel. Blomskutblare byna haarloos. Omwindselskutblare veranderlik, eiervormig, sagharig en met 'n haarfraiing.

Leucadendron procerum IVORY SUNSHINECONEBUSH LANGBEENTJIE Struike tot 3 m hoog, regop. Blare omgekeerd lansetvormig. Omwindselblare liggroen tot ivoor, saamgepak. Manlike enkelblomme rooi. Keëlskutblare eiervormig, ingeduik in middel.

Leucadendron discolor PIKETBERG SUNSHINECONEBUSH ROOITOLBOS Blare breed omgekeerd eiervormig. Manlike bloeiwyses 38 mm lank, sluit in 10 mm lang steel, 25 mm dia., rooierig in knop. Blomskutblare haarloos. Vroulike bloeiwyses 26 mm lank, 16 mm dia.

Leucadendron eucalyptifolium GUM-LEAF SUNSHINECONEBUSH GROOTGEELBOS Blare lynvormig-lansetvormig, sagharig as dit jonk is en word mettertyd haarloos, skerppuntig met 'n klein stomp nael. Manlike bloeiwyses 24 mm lank, 16 mm dia.

Leucadendron coniferum MUCRON-LEAF SUNSHINECONEBUSH DUINEGEELBOS Blare smal omgekeerd lansetvormig, met 'n skerp nael, haarloos in volwasse stadium. Manlike stempel hoefvormig, vernou onder punt.

Leucadendron meridianum LIMESTONE SUNSHINECONEBUSH Dig vertak. Blare silweragtig harig tot haarloos. Blomdek haarloos. Knuppelvormige manlike stempel word afgewerp. Tolletjies silweragtig harig, 28 mm lank, 22 mm dia.

Leucadendron gandogeri BROAD-LEAF SUNSHINECONEBUSH GEELBOS Blare omgekeerd lansetvormig of ellipties, haarloos, groot. Omwindselblare saamgepak, verberg hoofde nie. Omtrent 20 omwindselskutblare, haarloos, met 'n haarfraiing, bruin. Tolletjies haarloos.

Leucadendron cryptocephalum CONCEALED SUNSHINECONEBUSH Struike tot 1 m hoog. Blare smal lansetvormig, liggroen. Omwindselblare saamgepak, verberg die manlike hoof byna en die vroulike hoof totaal.

Leucadendron laureolum LAURAL-LEAF SUNSHINECONEBUSH GEELBOS Blare langwerpig. Omwindselblare in manlikes verberg die hoof byna; in vroulikes is hul geelgroen en verberg die hoofde totaal. Omwindselskutblare bruin, haarloos. Tolletjies met 8 vlak spiraalgroewe, 38-46 mm lank, 32-37 mm dia. Vrug gevlerk aan kante en bokant.

Leucadendron strobilinum PENINSULA SUNSHINECONEBUSH Stamme stewig, persagtig, sagharig. Blare ellipties, donkergroen, haarloos, met harige rande veral as dit jonk is. Omwindselblare roomkleur. Manlike bloeiwyses afgeplat-bolvormig. Keël met baie skutblare.

Leucadendron spissifolium spissifolium COMMON SPEAR-LEAF CONEBUSH GEELBOS Veelstammig vanuit 'n wortelstok. Blare omgekeerd lansetvormig of lynvormig-omgekeerd lansetvormig, haarloos, effens gedraai. Omwindselskutblare lansetvormig, bruin, rand harig.

Leucadendron spissifolium fragrans FRAGRANT SPEAR-LEAF CONEBUSH Blare 30-45 mm lank, 20-23 mm wyd in manlikes, 40-50 mm lank, 20-25 mm wyd in vroulikes, lynvormig, gegroef, genael, gedraai, haarloos. Omwindselskutblare lansetvormig skerppuntig. Keëlskutblare haarloos.

Leucadendron spissifolium phillipsii KAREEDOUW SPEAR-LEAF CONEBUSH Blare tot 50 mm lank, 5 mm wyd in manlikes, tot 57 mm lank, 6,3 mm wyd in vroulikes, lynvormig tot lynvormig-omgekeerd lansetvormig, genael, gedraai, sagharige as dit jonk is en word haarloos. Omwindselskutblare eiervormig. Keëlskutblare harig in middel.

Leucadendron spissifolium natalensis NATAL SPEAR-LEAF CONEBUSH Blare omgekeerd lansetvormig, gepunt met nael, gedraai onder, haarloos, 46 mm lank, 8 mm wyd. Omwindselblare opvallend, skerppuntig, skutblaaragtig. Keëlskutblare harig in middel.

Leucadendron spissifolium oribinum ORIBI SPEAR-LEAF CONEBUSH Blare tot 31 mm lank, 3 mm wyd in manlikes, tot 45 mm lank, 4 mm wyd in vroulikes, lynvormig-omgekeerd lansetvormig, bleek nael aan die punt, sekelvormig, gedraai, haarloos. Manlike bloeiwyse sonder omwindsel. 


Afdeling COMPRESSA: Die Naaldblaar-tolbosse

Die Naaldblaar-tolbosse se saailinge het gladde en naaldagtige blare. Die blare mag in die volwasse stadium naaldagtig bly of plat word sodat meer as een blaarvorm (polimorfisme) voorkom aan 'n plant. Die blomskutblare van die vroulike hoof mag gedeeltelik of volledig saamgedruk wees en die vrugte is saamgedruk, met vlerke. Die 6 spesies word die maklikste ge‹dentifiseer aan blaarvorm, grootte van manlike hoofde en tolletjies, en die grootte van die gestoorde vrugte.

Leucadendron teretifolium NEEDLE-LEAF CONEBUSH WATERBOSSIE Blare naaldagtig, klein. Baie manlike bloeiwyses, 14 mm lank insluitend steel. Omwindselskutblare lank, skerppuntig.

Leucadendron spirale WOLSELEY CONEBUSH Blare erica-agtig, skerperig, 4-9 mm lank. Manlike blomskutblare rudimentˆr. Keëlskutblare tweelobbig, haarloos, oorvleuelend onder. Net vier keer gevind (in 1801, 1819, 1820's, 1933)

Leucadendron osbornei LAINGSBURG CONEBUSH Blare naaldagtig, kort (tussenvorm van teretifolium en nobile). Manlike bloeiwyses met enkelblomme in 'n kort aar. Vroulike bloeiwyses 28 mm lank, 12 mm dia., verlengd-eiervormig.

Leucadendron nobile KAROO CONEBUSH NAALDBLAARTOLBOS Blare naaldagtig, lank. Manlike bloeiwyses met enkelblomme in 'n lang aar. Vroulike bloeiwyses 28 mm lank, 12 mm dia., verlengd-eiervormig.

Leucadendron muirii SILVERBALL CONEBUSH KRUIPHOUT Volwasse blare omgekeerd eiervormig-spatelvormig, dik en vlesig, geronde punt. Omwindselskutblare baie skerppuntig. Tolletjies asgrys.

Leucadendron comosum RIDGECONE CONEBUSH Blare gewoonlik dimorfies; onderstes naaldagtig. Boonste blare breër. Enkelblomme donkerrooi. Manlike blomknop knuppelvormig. Tolletjies teen mekaar aan basis, tot 100 mm lank.

Leucadendron platyspermum PLATE-SEED CONEBUSH KRAALTOLBOS Manlike bloeiwyses met aan die punt 'n digte klossie lang wit hare wat afval as blomme oopgaan. Tolletjies met dubbelrandige skutblare teen mekaar in 'n enkele spiraal. Vrug 15 mm lank, 32 mm breed, saamgedruk, plat.


Terug Protea Inligting in Afrikaans