|
Sleutel vir dir Brabejum GenusGenus BRABEJUM: Die Wilde Amandel Die genus Brabejum is die enigste lid van die Proteaceae inheems aan Afrika met twee sade per blom. Hierdie kenmerk is tipies van die Australiese Proteaceae, die naaste verwante van die genus. Die genus kan ook herken word aan die enkelblomme in 'n digte, aaragtige blomtros, enkelblomme met lang stele, die blare in kranse van 4-6, en die groot, dig fluweelagtige, amandelvormige sade. Die Wilde Amandel is 'n oewerboom en is algemeen deur die eerste setlaars as heining gebruik. Brabejum stellatifolium WILD ALMOND WILDE AMANDELBOOM 'n Boom tot 8 m hoog, hergroei uit die basis n brande. Blare in kranse van 4-6 (daarom stellatifolium : stervormige blare), eenvoudig. Bloeiwyse 'n digte, aaragtige tros. Vrug amandelvormig. |