Protea Atlas Logo
  Home
  Mission
  Overview of Project
  Project Staff
  Sponsors
  Achievements
  Checking, Illustrations
  Upcoming Activities
  Id and  Species Lists
  Protea Information
  Protea Gallery
  Growing Proteas
  Interim Dist. Maps
  Publications
  Afrikaanse Inligting

  SANBI

Sleutel vir dir Mimetes Genus


Genus MIMETES: Die Mimetesse

Die genus Mimetes kan maklik onderskei word van alle ander Proteaceae deur die digte hoofde van blomme gevorm deur saamgestelde, buisvormige, aksiale, steellose bloeiwyses (tegnies 'n pseudanthium), elk met 3-22 (35) enkelblomme en ondersteun deur 'n blaar, in 'n groot silindriese bloeiwyse (tegnies 'n "conflorescence"). Die blomdekdele is byna heeltemal vry en simmetries. Die styl is haarloos en is versier met 'n kenmerkende stuifmeelbieder in elke spesie. Blare het 1-3 tande. Die vrug is eiervormig tot silindries, gewoonlik haarloos tot fynharig, met 'n prominente elaiosoom by beide ente, verbind deur 'n dun rif aan die een kant.

Dit is maklik om die 14 Mimetes-spesies te identifiseer en hulle kan in vier hoofgroepe verdeel word.:

SLEUTEL

1. Omwindselskutblare omring pseudanthia (aksiale bloeiwyses) simmetries, indien die blare prominent is tussen pseudanthia, dan sonder om hulle te omhul 2.

1' Omwindselskutblare omring pseudanthia (aksiaal bloeiwyses) asimmetries sodat die laer lip van pseudanthium-buis langer is as die boonste lip; elke pseudanthium is gedeeltelik omhul deur die blaar daarbo Afdeling CUCULLATUS

2. Blomdek saamgesmelt in 'n buis aan die basis. Minder as 20 enkelblomme per bloeiwyse. 3

2' Blomdek saamgesmelt om 'n buis te vorm, maar vry by beide basis en punte. Meer as 25 enkelblomme per bloeiwyse. Afdeling CHRYSANTHUS

3. Blare tussen pseudanthia nooit opvallend nie en korter as die pseudanthium-buis, omwindselskutblare rondom die pseudanthia helder oranje of geel en veroorsaak die opvallende kleur Afdeling HIRTUS

3' Blare tussen pseudanthia prominent en langer as pseudanthium-buis, blare onder pseudanthia f silwer f helderkleurig Afdeling ARGENTEUS


Afdeling CUCULLATUS: Monk's Cowl Pagodas

Hul word gekenmerk deur die vergrote ondersteunende blaar wat die pseudanthium daaronder omvat, en die asimmetriese pseudanthium-buis wat onder is langer as bo.

Mimetes cucullatus COMMON PAGODA ROOISTOMPIE Veelstammig vanuit 'n groot wortelstok.

Mimetes fimbrifolius TREE PAGODA MAANHAARSTOMPIE 'n Boom 2-5 m hoog met 'n enkele stam en dik kurkagtige bas. Blare langwerpig tot ellipties, rande dig behaar. Pseudanthium met 4-7 blomme, ondersteun en omvou deur 'n rooigeel kappievormige blaar.


Afdeling CHRYSANTHUS: Die Goue Mimetes

Die Goue Mimetes is 'n duidelike spesie, onverwant aan enige ander Mimetes spesie. Dit kan maklik onderskei word aan sy veelblommige pseudanthia met 25-35 blomme. Die middelste blomdekbuis met dele vry beide by die basis en punt, is diagnosties vir die groep.

Mimetes chrysanthus GOUE MIMETES Pseudanthium met 25-35 blomme. Blomdek 24-28 mm lank, vry aan die basis en punt, met 'n 68mm lang middelste buis, geel.


Afdeling ARGENTEUS: Die Silwer Mimetesse

Die Silwer Mimetesse het blare wat die pseudanthia ondersteun en baie groter en gewoonlik helderder gekleur is as die omwindselskutblare. Die blare is duidelik silwer in almal behalwe een spesies, die STOMPIE, wat grys blare het.

Mimetes saxatilis LIMESTONE PAGODA STOMPIE Blare nie silweragtig nie, word haarloos met ouderdom. Pseudanthium met 12-22 blomme, ondersteun deur plat groen blaar. Omwindselskutblare opvallend, geel. Stuifmeelbieder 4 mm lank, met 'n ring by die styllas, vierhoekig-silindries aan die basis, eiervormig, skerppuntig.

Mimetes splendidus SPLENDID PAGODA Blare silwerharig. Pseudanthium met 10-14 blomme, ondersteun deur silweragtig-pienk getinte blaar. Omwindselskutblare eiervormig. Stuifmeelbieder 5-7 mm lank, met 'n ring by styllas, lynvormig, skerppuntig.

Mimetes argenteus SILVER PAGODA VAALSTOMPIE Blare silwerharig, teen reghoeke aan takke. Bloeiwyse 100-120 mm dia. Pseudanthium met 6-9 blomme, ondersteun deur 'n diep karmyn tot bleek ligpers blaar, reghoekig tot die stam. Stuifmeelbieder 7-8 mm lank, geknak -by die stylbasis, silindries met angel aan die punt.

Mimetes arboreus ARBOREAL PAGODA Groot struik, baie vertak. Blare lansetvormig, silwerharig. Pseudanthium met 8-13 blomme, ondersteun deur regop, oranje-pienk getinte blaar. Stuifmeelbieder 7-8 mm lank, geknak aan die basis met styl, silindries, eindig in 'n klein ingekromde angel.

Mimetes hottentoticus MATCHSTICK PAGODA Blare ovaal, silweragtig. Pseudanthium met 8-10 blomme, met 'n plat ondersteunende silwer blaar. Omwindselskutblare lansetvormig. Styl 65-70 mm lank, rooi. Stuifmeelbieder, 4 mm lank, gegroef aan die basis, eindig in 'n swart ke‰l.

Mimetes stokoei MACE PAGODA Blare eiervormig, silwer. Pseudanthium met 8-10 blomme, ondersteunende blare goudgeel. Omwindselskutblare ovaal. Styl 50-65 mm lank, geel. Stuifmeelbieder, 4 mm lank gegroef aan die basis eindig in 'n swart ke‰l.


Afdeling HIRTUS: Die "Tube Pagodas"

Hul word onderskei deur die helderkleurige omwindselskutblare om die pseudanthium, en blare wat nie 'n vertoonfunksie in die bloeiwyse nie.

Mimetes hirtus MARSH PAGODA KREUPELBOOM Blare lansetvormig tot breed lansetvormig, 25-45 mm lank. Pseudanthium met 9-14 blomme. Omwindselskutblare geel met rooi punte. Styl 50-55 mm lank, rooi. Stuifmeelbieder met 'n prominente ring by die las, en 'n lynvormige punt.

Mimetes pauciflorus THREE-FLOWERED PAGODA Blare ovaal, 25-40 mm lank, 8-20 mm wyd. Bloeiwyse met 40-120 dig saamgepakte regop pseudanthia, met 'n bossie blare (coma) aan die bokant. Pseudanthia met 3-4 blomme. Omwindselskutblare 10-25 mm lank, 5-8 mm wyd, 4-5 in getal. Stuifmeelbieder 3-4 mm lank, lynvormig draadvormig met 'n skerp punt en effens verdikte ring by die styllas, oranje-rooi.

Mimetes palustris CRYPTIC PAGODA 'n Lae halfregop struik. Blare lansetvormig-ellipties, 15-20 mm lank, 5-10 mm wyd, dig rondom die stam, dig wolharig. Bloeiwyse 10-45 mm lank, 30-50 mm wyd, bevat 5-12 pseudanthia, geen coma. Pseudanthia met 3-6 blomme. Styl 30-35 mm lank. Stuifmeelbieder 2 mm lank, met styl verdik onder ring by las, lynvormig met 'n skerp punt, geel met 'n rooi skynsel.

Mimetes capitulatus CONICAL PAGODA Lae sywaarts vertakkende stamme met ho‰ regop, onvertakte blomtakke. Blare lansetvormig tot eiervormig, 20-35 mm lank, 8-20 mm wyd, dig wollerig harig, wat die stam dig omvat. Bloeiwyse 60-100 mm lank, 60-80 mm wyd, met 10-13 pseudanthia, geen coma. Stuifmeelbieder 5-7 mm lank, met styl verdik onder prominente ring by las, lynvormig met 'n geronde tot koniese punt.


Terug Protea Inligting in Afrikaans