Protea Atlas Logo
  Home
  Mission
  Overview of Project
  Project Staff
  Sponsors
  Achievements
  Checking, Illustrations
  Upcoming Activities
  Id and  Species Lists
  Protea Information
  Protea Gallery
  Growing Proteas
  Interim Dist. Maps
  Publications
  Afrikaanse Inligting

  SANBI

Sleutel vir dir Diastella Genus


Genus DIASTELLA: Die Diastellas

Die genus Diastella kan maklik verwar word met die kleiner Leucospermum-spesies. Matvormig, groei selde ho‰r as een meter. Hul blare is lynvormig tot ovaal, gewoonlik sonder tande. Bloeiwyses is klein hofies, 10-20 mm in dia., bolvormig, aan die punt (of sowel aan die punt as aksiaal). Een tot drie rye papieragtige of membraanagtige skutblare tot by die enkelblomme, omhul die bloeiwyse aan die basis. Die blomdek is 6-10 mm lank, en ondersteun deur lynvormige tot draadvormige blomskutblare, bedek deur syerige hare. Al vier blomdekdele is vry byna tot aan die basis. Vrugondersteunende skubbe is gewoonlik afwesig. Stuifmeelbieder lynvormig, skerppuntig. Vrug is 'n tipiese Leucospermum-vrug.

SLEUTEL

1. Vrugondersteunende skubbe teenwoordig, blare gewoonlik met tande aan die punt, bloeiwyses beide aan die punt en aksiaal, blomdekdele ongelyk afdeling HYPOGYNAE

1' Vrugondersteunende skubbe afwesig, blare eenvoudig sonder tande aan die punt, bloeiwyses net aan die punt, blomdekdele altyd gelyk DIASTELLA


Afdeling HYPOGYNAE: Die Noordelike Diastellas

Noordelike Diastellas is die primitiewe Diastella-spesies wat die meeste ooreenkom met Leucospermum. Hulle kan onder die Diastellas hoofsaaklik herken word aan die teenwoordigheid van vrugondersteunende skubbe.

Diastella parilis WORCESTER SILKYPUFF Omwindselskutblare eiervormig, haarloos met harige rande, pienk, word bruin en papieragtig met ouderdom.

Diastella myrtifolia TULBAGH SILKYPUFF 'n Regop tot halfregop struik met matvormige spreidende takke. Omwindselskutblare langwerpig-ellipties, groen.


Afdeling DIASTELLA: Die Suidelike Diastellas

Die Suidelike Diastellas verskil van die Noordelike Diastellas daarin dat hulle nie vrugondersteunende skubbe het nie. Hulle produseer daarom waarskynlik nie nektar nie. Hulle verskil ook meer van die Leucospermums as die Noordelike Diastellas deurdat bloeiwyses net aan die punt voorkom.

Diastella divaricata divaricata PENINSULA SILKYPUFF 'n Lae spreidende struik. Blare ovaal tot gerond, 2-10 mm lank. Styl harig tot 2 mm bokant die vrugbeginsel.

Diastella divaricata montana MOUNTAIN SILKYPUFF 'n Lae spreidende struik. Blare lansetvormig tot ellipties, 10-18 mm lank. Styl harig tot 5 mm bokant die vrugbeginsel.

Diastella fraterna PALMIET SILKYPUFF 'n Lae, halfregop struikie 0.7 m hoog en 1 m dia. Blare lansetvormig tot ellipties, 1-4 mm wyd. Omwindselskutblare verdroog tot bruin en papieragtig met ouderdom. Bloeiwyses wit tot roomkleur.

Diastella thymelaeoides thymelaeoides KOGELBERG SILKYPUFF 'n Regop struik. Blare ovaal of gerond, 8-14 mm lank, 4-9 mm wyd. Bloeiwyse bolvormig, 10-15 mm dia. Omwindselskutblare rondom basis van die bloeiwyse.

Diastella thymelaeoides meridiana HANGKLIP SILKYPUFF Regop struik, tot 1 m hoog. Blare ellipties, 12-22 mm lank, 4-9 mm wyd. Bloeiwyse bolvormig, 20 mm dia. Omwindselskutblare langer as die blomdek gee 'n geronde stervormige omlyning aan die bloeiwyse.

Diastella proteoides FLATS SILKYPUFF Stamme harig. Blare lynvormig, 5-15 mm lank, 1-2 mm wyd, jongste blare harig. Omwindselskutblare harig.

Diastella buekii FRANSHOEK SILKYPUFF Stamme nie harig nie. Blare haarloos, naaldagtig. Blare bedek bloeiwyse. Buitenste krans omwindselskutblare haarloos met harige rande.


Terug Protea Inligting in Afrikaans