Protea Atlas Logo
  Home
  Mission
  Overview of Project
  Project Staff
  Sponsors
  Achievements
  Checking, Illustrations
  Upcoming Activities
  Id and  Species Lists
  Protea Information
  Protea Gallery
  Growing Proteas
  Interim Dist. Maps
  Publications
  Afrikaanse Inligting

  SANBI

Charles Piazzi Smyth


Protea Atlas LogoIn my vorige brief aan jou het ek gemeld dat daar 'n protea-konneksie met Charles Piazzi Smyth (nie Smythe nie) sou kon wees.

Ek het dit gevind: In die boek "Charles Piazzi Smyth, Astronomer-Artist, His Cape Years 1835-45" van Brian Warner (Balkema 1983) op bl. 110 verskyn daar 'n "montage" met onder andere 'n tekening van "Silver Tree Protea argentea."

Daar mag nog ander tekeninge van proteas ook wees onder sy kunswerke want hy het oral waar hy gegaan het, sketse en tekeninge gemaak en hy het 'n groot aantal van die bergpieke in die Wes-Kaap bestyg om vir Maclear geodetiese opmetings to doen.
Hy mag dalk selfs fotos van proteas geneem het want hy was in 1843, sover bekend, die eerste persoon wat in Suid-Afrika fotos geneem het, o.a. van sy tuin.

Ockert Malan, Stellenbosch


Back PAN 31