Protea Atlas Logo
  Home
  Mission
  Overview of Project
  Project Staff
  Sponsors
  Achievements
  Checking, Illustrations
  Upcoming Activities
  Id and  Species Lists
  Protea Information
  Protea Gallery
  Growing Proteas
  Interim Dist. Maps
  Publications
  Afrikaanse Inligting

  SANBI

Die Genera van Proteas


Die Genus Proteas

Die genera van Suider-Afrikaanse Proteaceae kan maklik onderskei word aan hulle kenmerkende bloeiwyses. Ander kenmerke wat gebruik kan word om identifikasie te bevestig sluit in die blare, blomdekblare, skutblare en, indien beskikbaar, sade. Met behulp van die sleutel wat hier volg kan die genus van enige eksemplaar van Suider-Afrikaanse Proteaceae sonder probleme vasgestel word.

1. Blomme twee-twee per skutblaar, twee sade per blom 2.

1' Blomme enkel per skutblaar, een saad per blom 3.

2. Blare in stervormige kranse van 6, blomme in digte aaragtige ritse, 'n groot, herspruitende boom aan rivieroewers Genus BRABEJUM

2' Blare afwisselend aan die die stam, blomme in klein trosse in eindstandigee blaaroksels, harde, ronde kokervrugte wat in twee helftes oopsplits en twee gevleuelde sade vrystel Genus HAKEA

3. Geslagte aan afsonderlike plante: vroulike plante met keëls en manlike plante met kleiner wollerige keëls of helder geel, aaragtige ritse met stele 4.

3' Geslagte aan dieselfde plant: geen manlike en vroulike blomme, keëls afwesig 5.

4. Bloeiwyse in vroulike plante saamgestel uit 'n opvallende keël, gevorm deur houterige skutblare onder die enkelblomme. Die keëlbasis is bedek deur 'n omwindsel van klein, bruin onderste skutblare. Blare onder bloeiwyse groter en kleurryker as ander blare. Manlikes soos vroulikes maar sonder houterige skutblare Genus LEUCADENDRON

4' Bloeiwyse in vroulike plante koppievormig, gevorm deur afgeplatte takkies soos houterige skutblare, rondom 7-15 blomme aan 'n kort kolom. Manlike bloeiwyse bestaan uit 'n helder geel, aaragtige rits aan 'n kort steeltjie Genus AULAX

5. Blare verdeel in baie naaldagtige lobbe 6.

5' Blare gaafrandig, punt dikwels getand, nie verdeel in naaldagtige lobbe 7.

6. Verdeelde naaldagtige blare met 'n plat bo-rand, dikwels dimorfies met beide 'n naaldagtige en plat blare. Bloeiwyse gevorm uit verskeie klein hoofde (capitula) elk met vier blomme, gerangskik in 'n eindstandige rits Genus PARANOMUS

6' Verdeelde naaldagtige blare rond in deursnee, nooit dimorfies. Veelblommige bloeiwyse in los eindstandige tros of in 'n digte rits Genus SERRURIA

7. Bloeiwyse saamgestel uit verskeie klein hoofde (capitula), elk met 1-9 blomme, omwindsels gegroepeer in 'n eindstandige los pluim of rits. Gewoonlik klein struike 8.

7' Bloeiwyse of 'n veelblommige rits of capitulum, nie 'n saamgestelde capitulum, of indien saamgestel, dan uit baie okselstandige capitula met blare duidelik tussen capitula 9

8. Bloeiwyse klein, bolvormige of silindries, 'n pluim bestaande uit baie 4 tot 9-blommige omwindsels. Blomdekblare reguit in knop, al vier blomdekblare eenders. Vrug gewoonlik glad Genus SOROCEPHALUS

8' Bloeiwyse gewoonlik verleng, 'n rits van 1 tot 3-blommige omwindsels. Blomdekblare verskil in knop, die boonste blomdekblaar groter en spaanvormig. Die stuifmeelbieder is duidelik lepelvormig. Vrug harig Genus SPATALLA

9. Blomme in eindstandige of okselstandige capitula 10.

9' Bloeiwyse 'n los rits, met sittende blomme aan 'n verlengde as. Bome. Blaarrande golwend. Genus FAUREA

10. Blomdek nie verdeel in 3 versmelte en een vry segment nie, of indien wel, omhullende skutblare dan onbeduidend 11.

10' Capitula omring deur groot, dikwels kleurryke, omhullende skutblare, drie blomdekblare versmelt en een vry. Blare met verdikte rand, nooit getand Genus PROTEA

11. Bloeiwyse okselstandig, omring deur groot, kleurryke omhullende skutblare, soms verberg deur blare 12.

11' Bloeiwyse nie omring deur groot, kleurryke omhullende skutblare, indien omhullende skutblare aanwesig dan groen of papieragtig in tekstuur 13.

12. Bloeiwyse saamgestel uit baie okselstandige capitula met kleurryke omhullende skutblare, elke capitulum ondersteun deur 'n blaar wat langer is as die omhullende skutblare die helder-kleurige vertoonfunksie oorneem Genus MIMETES

12' Bloeiwyse eenvoudig, gesteeld, okselstandig, met kleurryke groot omhullende skutblare Genus OROTHAMNUS

13. Bloeiwyse okselstandig, groterig, met prominent style wat ver die blomdekblare uitsteek Genus LEUCOSPERMUM

13' Bloeiwyse eindstandig, skutblare word groot en houterige n  bevrugting, onderstandige skubbe aanwesig Genus VEXATORELLA

13" Bloeiwyse baie klein, eindstandig, met 'n omwindsel van dun, onbeduidende, papieragtige skutblare, onderstandige skubbe gewoonlik afwesig Genus DIASTELLA


Genus FAUREA Harvey - Die Boekenhoutbome

Die Boekenhoutbome word gekenmerk deur die blomme in ritse. Al spesies in Afrika is bome en kom voor in savanna en woude. Die blare is lansetvormig en wissel in grootte met spesie. Al vier blomdekblare is versmelt aan die basis in 'n buis, met een blomdekblaar vry aan die punt. Die vrugbeginsel is bedek deur lang syerige hare. Die vrug is harig en het 'n blywende styl.


Genus PROTEA L. - Die Suikerbosse

Die Suikerbosse is maklik herkenbaar aan die omhullende skutblare wat die bloeiwyse omring (hierna genoem hoof), die enkelblomme met drie versmelte en een volkome vry blomdekblaar, en harige, houterige vrugte byna ononderskeibaar van die vrugbeginsels. Verdere kenmerke sluit in 'n lang smal stuifmeelbieder byna altyd aan to die styl verbind met 'n knak, blare wat wissel van lynvormig tot breë skywe met eenvoudige punte of verdikte rooi of geel rande met 'n swart nael aan die punt; blomdekblare dikwels met angels en dig saamgepak in digte hoofde; omhullende blombodem hard, houterig en met duidelike spirale as enkelblomme af is.

Die genusnaam Protea is 'n "gekonserveerde" naam. Histories korrek sou dit in die genus van die Silwerboom (nou Leucadendron argenteum) moes val en volgens die reël van prioriteit sou die korrekte naam vir Protea eintlik Leucadendron L. moes wees. Die name is egter in 1810 omgeruil en nou goed vasgelˆ.


Genus AULAX Bergius - Die Kanariebosse

Kanariebosse word gekenmerk deur manlike en vroulike plante; die vroulike plante dra vroulike blomme en vrugte in houterige doppies wat gevorm word deur kort ingekromde takke, en manlike plante dra manlike blomme in los, eindstandige, aaragtige ritse. In die vroulike enkelblomme is die blomdekblare versmelt met die vrugbeginsel, al vier blomdekblare is vry en vorm lynvormige staminodes. In die manlike enkelblomme is blomdekblare saamgesmelt in 'n onderste buis met symmetriese vry lobbe, en 'n duidelike dik styl vorm die stuifmeelbieder. Onderstandige skubbe is afwesig in beide geslagte. Die vrug is 'n saamgedrukte omgekeerd eiervormige dopvrug, afgeplat aan die basis en met lang, digte, wit hare, veral aan die rande en op die middelste rif.

Soos in Protea, en anders as Leucadendron, is die meerderheid van die vrugte in 'n Aulax-keël dof - net 5% van die vrugte kan lewenskragtige sade bevat, alhoewel daar gewoonlik baie meer is.


Genus SERRURIA Salisb. - Die Spinnekoppe

Die genus Serruria kan maklik herken word aan hulle ingesnyde blare met silindriese segmente. Die blomme is ondersteun deur 'n opvallende skutblaar en bestaan uit vier vry blomdekblare wat net aan die basis saamsmelt is. Blomme is gegroepeer in 'n bloeiwyse wat gewoonlik beskou kan word as 'n los of digte rits van eindstandige trosse van enkelblomme, of net 'n enkel eindstandige tros van enkelblomme. Omhullende skutblare (rondom die eindstandige trosse) is skaars en los gerangskik aan die stam onder die eindstandige tros van enkelblomme. Die vrug is 'n klein harde neut, yl bedek met hare en met 'n onderste elaiosoom.

Serrurias is hoofsaaklik beperk tot die winterreënvalgebied en tot so ver oos as Mosselbaai langs die kus.

Die Serrurias is laas in 1912 hersien, en hulle taksonomie is daarom beslis verouderd. Nuwe spesies is sedertdien ontdek en verskeie moet nog beskryf word. Verder is al die spesies van 1912 nie meer geldig nie. Die spesies hier beskryf moet dus beskou word as voorlopig. Serrurias vorm twee hoofgroepe (die groep met 'n enkele capitulum en die groep met veelhoofdige raseme) wat eintlik uit twee genera mag bestaan. Hopelik sal Dr John Rourke die genus binne die volgende tien jaar hersien.


Genus PARANOMUS Salisb.

Die genus Paranomus kan maklik onderskei word deur die blare wat wissel van gaafrandig tot ingesny. Die ingesnyde blaar het 'n gegroefde bovlak wat eindig in 'n nael, en is altyd effens boontoe gekrul. Die 'gaafrandige' blaarvorm is ongelukkig nie in al die spesies teenwoordig nie, maar in die spesies waar dit voorkom, is dit kenmerkend van ouer takke, veral di‚ wat blom. Hierdie blare het nie het 'n aarnetwerk soos ander proteas nie, maar eenvoudige parallelle are soos primitiewe plante. Die bloeiwyse is ritsagtig, met 'n stel van vier blomme binne elke elke skutblaar, elkeen afsonderlik ondersteun deur sy eie leeragtige skutblaar. Hierdie skutblare word houterig met ouderdom, en vorm dan klein ronde doppies. Die enkelblomme bevat vier vry blomdekblare, wat gewoonlik harig is buite. Die vrugbeginsel is omring deur stywe, wit hare, en die styl is harig of haarloos. Die vrug is 'n gladde neut, omring deur 'n ring van hare aan die basis en met 'n blywende styl.

Vir identifikasie van die 18 Paranomus spesies is 'n handlens met 'n X10 vergroting nodig, alhoewel groepe maklik onderskei kan word. Belangrike kenmerke vir die identifikasie van Paranomus spesies sluit in die posisie, lengte en digtheid van hare aan die styl, die grootte, vorm en aantal blomme aan die ritse, en die blaarvorm en grootte.


Genus SOROCEPHALUS R.Br.

Die genus Sorocephalus kan maklik herken aan die bolvormige bloeiwyse, saamgestel uit baie hoofde (omwindsels) elk met 4 - 9 enkelblomme, ondersteun deur onduidelik skutblare. Die blomdek is simmetries, en versmelt in die onderste helfte. Die blomdek is reguit in die knop, kort (8 - 25mm), en die styl is reguit en draadvormig. Blare is eenvoudig, klein, of naaldagtig of met 'n groef in die bovlak. Die vrug is 'n haarlose neut met 'n gelobde basis.

Die drie hoofafdelings waarin die genus verdeeld word berus hoofsaaklik op die vorm van die vrugte (wat moeilik in die veld te vind is) en blaarvorm. Ander kenmerke om die spesies te onderskei is die aantal blomme in die bloeiwyse, die teenwoordigheid van hare aan die blomdekblare, en die vorms van die stuifmeelbieder en die skutblare.

Die Sorocephalusse is uiters swak bekend. Baie spesies is op net 'n paar plekke gevind en daar is baie min herbarium-eksemplare. Bergklimmers en stappers kan betekenisvol bydra tot ons kennis van hierdie genus.


Genus SPATALLA Salisb.

Die genus Spatalla is maklik herkenbaar aan die onverdeelde blare, omwindsels met drie of een blomme, die blomdek wat altyd wegkrom van die middel van die omwindsel, een blomdekblaar wat baie groter is as die ander drie vry blomdekblare, en aan die prominente lepelagtige stuifmeelbieder. Die vrug is 'n harige silindriese neut met 'n afgeplatte basis en 'n steel. Die Spatallas is duidelik verwant aan die Sorocephalusse, 'n Oorblyfsel van hul afstamming is die vier skutblare wat die 3 of 1 blommmige omwindsels ondersteun. Normaalweg sou 'n mens net een skutblaar per blom verwag. Vermindering van die aantal skutblare kom voor in die Spatallas, maar bereik nooit die 1:1 verhouding kenmerkend van die Sorocephalusse nie

Kenmerke vir die identifikasie van Spatalla spesies sluit in die vorm van en soort bloeiwyse, grootte en harigheid van die skutblaartjies, die teenwoordigheid van hare aan die styl, vorm van die stuifmeelbieder en verskeie blaareienskappe.


Genus LEUCOSPERMUM R.Br. - Die Speldekussings

Die Speldekussings kan maklik uitgeken word aan die lang style wat uitsteek bo die bloeiwyse, sodat dit soos 'n speldekussing lyk. Die bloeiwyse is okselstandig, nooit eindstandig nie en die omhullende skutblare is klein en onbeduidend. Die drie buitenste blomdekblare is gedeeltelik versmelt om 'n buis onder in die die blom te vorm,terwyl die vierde segment vry en dikwels verleng is. Die blare het getande punte: byna al die Proteaceae met meer as drie tandkliere aan die blare is speldekussings. Hierdie tande lyk soos nektarkliere maar hulle funksie is onbekend.

Die blare van Leucospermum het twee tipes hare: lang, dun hare (trichome) wat ook voorkom in al die plaaslike Proteaceae genera, en kort, krullerige hare wat beperk is tot speldekussings. Hierdie krullerige hare laat dit lyk of die blare bedek is deur 'n dun laaag wit of grys wol wat afgevee kan word.

Dit is moeilik om te onderskei tussen Leucospermum, Diastella en Vexatorella, maar die okselstandige bloeiwyse, onbeduidende omhullende skutblare en die gedeeltelik versmelte buiteneste drie blomdekblare is uniek aan die Speldekussings. Met die uitsondering van die Vlakte - , Luisies - en Sandveldspeldekussings, het Speldekussings 'n groot bloeiwyse wat nie verwar kan word met die Vexatorellass of die Diastellas nie.


Genus VEXATORELLA Rourke - Die Vexatorellas

Die Vexatorellas kan baie maklik vir 'n Leucospermum (afdeling Diastelloides) aangesien word maar kan maklik daarvan onderskei word deur die eindstandige bloeiwyses, wat in 'n pluim gegroepeer mag wees. Die blare altyd het 'n enkele eelt aan die punt. Die vier blomdekblare is simmetries geskei en net versmelt in die buis. Blomme is soet gegeur. Die skutblare word houtagtig n  blomtyd, 'n kenmerk ook van L. secundifolium. Die vrug het 'n blywende styl, en is haarloos met 'n elaiosoom wat om die vrug 'n kort steel vorm.


Genus DIASTELLA Salisb. - Die Diastellas

Die Diastellas kan maklik verwar met die kleiner Leucospermum spesies. Diastellas selde groei hoër as een meter. Hulle blare is lynvormig tot ovaal, gewoonlik sonder tande. Bloeiwyses is klein, bolvormige, eindstandige (of beide eindstandige en okselstandige) capitula, 10 - 20mm dia.. Een tot drie rye papieragtige of vliesagtige skutblare, so lank of langer as die enkelblomme, omhul die bloeiwyse by die basis. Die blomdek is 6 - 10mm lank en ondersteun deur 'n lynvormige tot draadvormige skutblaar met syerige hare. Al vier blomdekblare is byna tot aan die basis vry. Onderstandige skubbe is gewoonlik afwesig. Stuifmeelbieder lynvormig en skerp. Die vrug is 'n tipiese neut soos by Leucospermum.


Genus MIMETES Salisb. - Die Stompies

Die Stompies kan maklik onderskei word van alle ander Proteaceae aan die digte van blomhoofde gevorm deur saamgepakte buisvormige, okselstandige, steellose bloeiwyses (tegnies 'n pseudanthia), elk met 3 - 22 (35) enkelblomme en ondersteun deur 'n blaar, in 'n groot silindriese bloeiwyse (tegnies 'n qq conflorescence). Die blomdekblare is byna algeheel vry en simmetries. Die styl is haarloos en versier met 'n kenmerkende stuifmeelbieder vir elk spesie. Blare het 1 - 3 tande. Die vrug is eiervormig tot silindries, gewoonlik haarloos of fyn behaar, met 'n prominente elaiosoom aan beide punte verbind deur 'n dun rif aan die kant.

Die 14 Mimetes spesies kan maklik uitgeken word en word geriefshalwe in vier hoofgroepe onderverdeel.


Genus OROTHAMNUS Pappe - Die Vleiroos

Die Vleiroos is verskil van al ander genera daarin dat die bloeiwyse afhang en omring is deur groot, harige, pienk omhullende skutblare, wat lyk soos die blomblare van 'n roos. Die Vleiroos is die nouste verwant aan die Buisagtige Stompies, met die bloeiwyses van Orothamnus ekwivalent aan die Mimetes pseudanthia. Die hoofverskil tussen Orothamnus en Mimetes is dat die Vleiroos eindstandige blomhoofde het, anders as die Stompies. Die stam groei verder boontoe vanuit 'n okselstandige knop. So kan verskeie blomhoofde gedurende die blomseisoen gevorm word.

Die genus is beperk tot die Kogelberg en Kleinmond-berge, met 'n aparte bevolking naby Hermanus. Daar is net een spesie in die genus.


Genus LEUCADENDRON R.Br. - Die Tolbosse

Die Tolbosse word maklik uitgeken aan die houterige keëls aan sommige plante in elke spesie, en die plante van afsonderlike geslagte. In enige bevolking produseer omtrent die helfte van die plante (die vroulikes) keëls wat sade dra, terwyl manlike plante keëls dra net in die kort blomseisoen en nooit saad produseer nie. Keëls bestaan uit spiraalvormig gerangskikte skutblare, wat elk 'n enkelblom bedek en gedeeltelik verberg. N  blomtyd word die skutblare hard en houterig om die opvallende vrugkeëls te vorm.

Die blomdekblare is versmelt in 'n buis met net die punte vry. In manlike enkelblomme is die vrugbeginsels verklein. In vroulike enkelblomme is die styl reguit of effens gekrom, met 'n lang, soms gegleufde punt om stuifmeel te ontvang.

Manlike plante is gewoonlik meer vertak as vroulike plante en is dikwels effens groter met kleiner blare en keëls. Manlike enkelblomme word ondersteun deur 'n onbeduidende skutblaar. Die blomdekblare is vry aan die boonste helfte van die enkelblom, maar onder versmelt in 'n buis. Die styl is altyd aanwesig en dien as 'n stuifmeelbieder, maar ander vroulike organe is verklein.

Die identifikasie van Tolbosse is moeilik omdat dit tot 'n groot mate berus op die vorm van die vrugte. Gelukkig stoor baie spesies hulle vrugte vir byna die hele jaar in die vroulike keëls. In spesies wat nie hulle vrugte stoor nie, kan keëls op die grond versamel word vir die identifikasieproses. Verskeie ander kenmerke, van beide manlike en vroulike plante, word verder gebruik om die meeste spesies uit te ken. Dit sluit in: keëlvorm en -grootte, die groeivorm van die spesies en die blaar se grootte, vorm en harigheid.


Genus BRABEJUM L. - Die Wilde Amandel

Die Wilde Amandel is die enigste inheemse lid van die Proteaceae in Afrika wat twee sade per blom dra. Dit is 'n kenmerkend van die Australiese Proteaceae waaraan hierdie spesie nou verwant is. Die genus kan ook uitgeken word aan die enkelblomme in digte, aaragtige ritse, asook met lang stele, die blare in kranse van 4 - 6, en die groot, dig fluweelagtige, amandelvormige sade.


Genus HAKEA Schrad. - Die Speldebosse

Speldebosse kan herken word aan hulle harde, naaldvormige blare en die blomme wat nie 'n hoof vorm nie, maar algemeen voorkom as 'n paar okselstandiges, soms gegroepeer in katjies. Die blomme verskil van die meeste Proteaceae in Afrika omdat hulle elk blom twee sade dra. Harde, houterige kokervrugte met twee sade, beskerm die sade teen brande.


Terug Protea Inligting in Afrikaans